Koninklike wittebrood moet eers wag
Koninklike wittebrood moet eers wag

Koninklike wittebrood moet eers wag

Die internasionale media meen steeds dat wanneer die pas­getroudes Harry en Meghan ná hul eerste amptelike funksie op hul wittebrood vertrek, dit na Namibië sal wees.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die hertog en hertogin van Sussex se koninklike wittebrood moet eers wag.

Dié glanspaartjie gaan eers môre 'n tuinpartytjie by die Buckingham-paleis ter viering van prins Charles se 70ste verjaardag later vanjaar bywoon.

Dit sal prins Harry (33) en Amerikaanse aktrise Meghan (36) se eerste amptelike funksie as getroude paar wees. Volgens die koninklike verslaggewer, Omid Scobie, sal Charles se rol as beskermheer van verskeie liefdadigheidsorganisasies tydens die tuinpartytjie gevier word. Die ­kadet- en nooddienstepersoneel wat hulp verleen het tydens die bomaanval op 22 Mei verlede jaar toe Ariana Grande in die Manchester Arena opgetree het, sal ook teenwoordig wees, berig die glanstydskrif Elle.

'n Woordvoerder van die Kensington-­paleis, Jason Knauf, het aan People gesê “die paartjie sal nie dadelik op hul wittebrood vertrek nie”, maar eers na hul eerste koninklike verpligting as getroude paar omsien.

Die internasionale media meen egter steeds dat wanneer hulle in die dae daarna op hul wittebrood vertrek, dit na Namibië sal wees. Harry het in 2006 saam met sy destydse meisie, Chelsy Davy, hier vakansie gehou en het Namibië in 2008 weer as deel van die Britse weermag besoek. Hy was ook in 2015 hier om renosterstropery te help bekamp.

Pres. Hage Geingob het verlede maand prins Harry se ouboet, prins William, by die Kensington-paleis besoek toe hy die Namibiese afvaardiging na die Statebondsberaad in Londen gelei het. Daar is bespiegel dat die voorgenome koninklike witte­brood in Namibië onder meer bespreek is.

Die verblyfplekke waaroor bespiegel word, is die splinternuwe Hoanib Valley Camp en Shipwreck Lodge van die groep Natural Selection. Harry het Meghan verlede jaar vir haar verjaardag na Natural Selection se luukse safari­kamp, Meno A Kwena, in Bo­tswana geneem.

Hoe gaan hulle hierheen reis? Volgens Wikipedia het die Britse regering in Julie 2016 'n Airbus RAF Voyager A330 in gebruik geneem om hoë regeringslui en die koninklike familie op oorsese reise te vervoer.

Die koninghuis kontrakteer ook soms private stralers om hulle te vervoer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!