Koningin vereer Namibiese vrou

Sy word deel van die Britse koning se Jong Leiers-program wat uit 240 wenners uit 52 Statebondslande bestaan.
Tanja Bause
Tanja Bause – ’n Jong Namibiese vrou is aangwys as een van die laaste wenners van die Britse koniging se Jong Leiers-program.

Me. Mavis Elias kry hierdeur erkenning vir die werk wat sy doen om die lewe van haar gemeenskap te verander en te verbeter.

Die gesogte toekenningsprogram is nou in sy vierde en finale jaar. Mense in die ouderdom van 18 tot 29 jaar vanuit die Statebondgemeenskap kry erkenning vir die werk wat hulle doen in om lewens te verbeter. Dit sluit in projekte om mense met geestesgesondheidsprobleme te ondersteun, om kinders te help om ’n goeie opvoeding te kry en om geslagsgelykheid te bevorder.

“Ek het nederig gevoel. Die werk wat deur my gedoen word om lewens aan te raak, het en sal altyd oor die mense gaan. Die toekenning behoort aan die span wat agter my staan. Ek voel ons werk kry erkenning,” het Elias gesê toe sy hoor dat sy die toekenning gewen het.

“Ek het aan al die ure gedink wat ons ingeploeg het. Die opofferings wat gemaak is. Die tyd wat ek bestee het en gewonder het of die werk regtig ’n verskil in die gemeenskap maak. Dit was ’n oomblik van besef dat dít nie saak gemaak het nie, maar al wat tel is hoe groot die impak van die werk is. En dit maak dit die moeite werd.”

Elias is in Oshakati as die oudste van ses kinders gebore.

“Ek het ook nog vier boeties en sussies aan my biologiese pa se kant. Dit beteken ek het twee pa’s en een ma. Dit is altyd baie snaaks om dit aan mense te verduidelik. Ek kom uit ’n baie groot familie met wonderlike mense,” het Elias gesê.

Sy het haar hoërskoolloopbaan by die Delta Hoërskool in Windhoek voltooi en daarna in siviele ingenieurswese aan die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) studeer.

“Toe ek 20 jaar oud word, het ek die droom gehad om ’n weeshuis te open. Ek het baie idees gehad, maar geen plan vir die implementering nie. Ek het besluit om klein te begin om my droom te verwesenlik. Ek het die EM Love Foundation gestig,” het sy gesê.

Volgens haar is die aktiwiteite was sy doen daarop gemik om lewens op ’n radikale manier aan te raak en om terug te gee op enige moontlike wyse.

“Ons neem klein inisiatiewe en verander hulle in lewensvatbare projekte. Ek doen dit met ’n wonderlike span mense van sewe direkteure en 50 vrywilligers,” het sy gesê.

Met die werk wat sy deur EM Love Foundation doen, het sy die geleënheid gekry om op die raad van die One Economy Foundation van die presidentsvrou, me. Monica Geingos, te dien.

Elias werk voltyds as ’n siviele ingenieur by MPP Civila Namibia.

“Dit is ’n beroep wat by my liefde vir mense pas deurdat dit my die geleentheid gee om met lae-inkomste behuising te werk.”

Sy is ook ’n radiopersoonlikheid en werk tussendeur vir RadioWave.

“Ek word binnekort 25 en dit is ’n ouderdom wat my senuweeagtig maak omdat dit my wens was om op 25 vir ’n meestersgraad ingeskryf te wees. Ek is by vyf verskillende universiteite in die Verenigde Koningryk aanvaar en my hoop en droom is dat ek die befondsing kan kry om volgende jaar in te skryf en my meesters te doen,” het Elias gesê.

“Ongeag hoe moeilik die reis lyk, solank jy getrou is aan jou passies en toegewyd bly, is die wêreld jou oester. Versit grense, toets die status quo en wees jou eie meester. Dit lyk altyd onmoontlik, totdat dit klaar gedoen is.”

Elias sal nou by die Jong Leiers-program se netwerk aansluit. Die netwerk bestaan uit 240 wenners wat al 52 Statebondslande verteenwoordig. Sy sal die toekenning aanstaande jaar by Buckingham-paleis in Londen in ontvangs neem.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%