Koning wil eerste minister vervang
Marokko
Marokko se koning Mohammed VI het die land se eerste minister, Abdelilah Benkirane, afgedank en sal nog 'n lid van die Islamitiese Geregtigheid en Ontwikkelingsparty (PJD) vra om 'n regering te vorm, vyf maande ná 'n dooie punt in verkiesings, het die koninklike kabinet Woensdag in 'n verklaring gesê.
Die koning het die besluit geneem “in die afwesigheid van enige teken dat 'n regering spoedig gevorm sou word”, lui die verklaring.
Dit is nie bekend wie Benkirane sal vervang nie.
Ingevolge Marokkaanse wetgewing kan geen party 'n volstrekte meerderheid in die 395 setel-parlement wen nie, wat koalisievorming noodsaaklik maak in 'n stelsel waar die uiteindelike mag by die koning berus. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie