Kongresse deur streekvergadering vervang
Nog die Namibië Landbou-unie (NLU), nog die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) gaan vanjaar kongres hou.
Die bestuur van die LPO en die uitvoerende raad van die NLU het ná deeglike oorweging besluit om die kongresse wat die eerste week in Oktober sou plaasvind, te kanselleer.
Die NLU sê in sy weeklikse nuusbrief dié besluit is geneem in die lig van die Covid-19-pandemie en onsekerheid oor of die regulasies teen daardie tyd sulke byeenkomste sal toelaat.
Die kongresse sal deur vergaderings met lede in die onderskeie streke vervang word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie