Kongokoors: Twee in Windhoek gemonitor
Kongokoors: Twee in Windhoek gemonitor

Kongokoors: Twee in Windhoek gemonitor

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Twee mense wat vermoedelik aan Kongokoors blootgestel is, is Vrydag per ambulans na Windhoek vervoer om gemonitor te word.

Hulle is in die sentrale hospitaal in die hoofstad opgeneem en word gehou in 'n isolasie-eenheid wat spesiaal opgestel is vir mense wat moont­lik die hoogs aansteeklike siekte opgedoen het. Dit volg nadat 'n 26-jarige man van Gobabis Woensdag aan Kongokoors dood is nadat hy deur 'n bosluis gebyt is. Geen ander gevalle van Kongokoors is aangemeld nie.

Volgens die permanente sekretaris in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Andreas Mwoombola, is die twee mense as 'n voorkomende maatreël Vrydag omstreeks 14:30 van Gobabis af na Windhoek vervoer.

Die virus word hoofsaaklik deur bosluise en lewende hawe oorgedra of van mens tot mens deur in noue kontak met bloed, uitskeidings, organe of ander liggaamlike vloeistowwe van geïnfekteerde mense te kom.

Simptome sluit diarree, braking, koors, geelsug, anoreksia en ooginfeksie in. Mwoombola het aan Nampa gesê bloedmonsters is van die geraakte mense geneem en Vrydag vir toetse na Suid-Afrika gestuur.

Die 26-jarige man wat Woensdag dood is, is die vorige Saterdag deur 'n bosluis gebyt in die Omahekestreek se Kalahari-kiesafdeling waar hy op 'n plaas werk. Volgens Mwoombola het die vyf personeellede van die distrikhospitaal op Gobabis wat met hom in aanraking gekom het, geen simptome van Kongokoors getoon nie.

“Enige iemand wat deur 'n bosluis gebyt word, moet dit nie ligtelik opneem nie en onmiddellik by die naaste kliniek of hospitaal aanmeld. Dit sluit veral plaaswerkers in. ”

Mwoombola het vroeër op 'n nuuskonferensie gesê die man is Saterdag in die staatshospitaal op Gobabis opgeneem, nadat hy van koors, diarree en hoes gekla het wat reeds drie dae geduur het. 'n Toets vir malaria was negatief en die pasiënt is behandel en huis toe gestuur.

Twee dae later is hy egter weer opgeneem nadat hy tuis bloed gebraak het.

Volgens Mwoombola is hy vir die bloeding behandel. 'n Dokter het vermoed sy toestand is te wyte aan hemoragiese koors wat deur 'n bosluis oorgedra is. Verskeie toetse is uitgevoer en volgens universele voorkomingsprosedures verwerk.

“Die pasiënt is met ondersteunende bestuur geïsoleer, terwyl bloedmonsters ook geneem is.”

Die man is Woensdag in die hospitaal dood. Sy liggaam is met hipochloriet ontsmet, in twee lyksakke verseël en onmiddellik begrawe. Al sy klere en linne wat hy gebruik het, is ook ná ontsmetting verseël en vernietig.

Volgens Mwoombola is 'n ondersoekspan saamgestel, met 'n aktiewe ondersoek wat op een van drie plase gedoen is. Onderhoude is met sy familielede en die eienaar van die plaas gevoer waar die man gewerk het om bykomende gevalle te identifiseer. 'n Nabye kontak is met geelsug, kopseer en hoes identifiseer en is in die hospitaal vir isolasie en ondersoek opgeneem.

Vier verpleegsters en 'n dokter wat sonder beskermingsmaatreëls in noue kontak met die oorledene was, is in kwarantyn geplaas en gemonitor.

“Die isolasiekamer en alle toerusting wat op die oorledene gebruik is, is ook ontsmet.” Volgens Mwoombola word 'n register ook gehou van alle persone wat met die oorledene in kontak was en waarin hul temperatuur gemonitor word.

Die simptome vir Kongokoors sluit 'n skielike koors, ongemak, kopseer en erge lyfseer in. Volgens Mwoombola is dit nie die eerste geval van ­Kongokoors wat in die land aangemeld is nie. Sowat 26 jaar gelede is vermoed drie mense het die siekte opgedoen. Net een het positief vir die siekte getoets.

– Nampa en eie berig

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!