Kongokoors: Drie toets negatief vir siekte
Uit die ses vermoedelike gevalle van Kongokoors het een positief en drie negatief vir die siekte getoets. Die uitslae van nog twee gevalle is uitstaande. Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het gister tydens ’n nuuskonferensie gesê ’n man wat op 7 Mei in die Onandjokwe-hospitaal gesterf het, se uitslae vir die siekte was negatief.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie