Konflikleeus gaan verskuif word
Konflikleeus gaan verskuif word

Konflikleeus gaan verskuif word

Ná 'n trop leeus verlede week 86 bokke en skape afgemaai het, sê die ministerie dit is alle belanghebbendes se plig om mens-dier-konflik te vermy.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme gaan die 10 tot 15 leeus wat verlede week 86 bokke en skape naby Grootberg afgemaai het, vang en verskuif.

Volgens die ministerie se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, word reëlings deur die direktoraat van wildlewe en parke getref om die trop na 'n gebied te verskuif waar hulle nie in konflik met mense gaan wees nie.

"As daar uitdagings is om spesifieke lede van hierdie trop te vang, sal hulle van kant gemaak word, maar ons eerste prioriteit is om hierdie diere te verskuif," het Muyunda gesê.

Dit volg nadat altesaam 86 bokke en skape van verlede week deur sowat 10 leeus in 'n kraal by Awantapos tussen Grootberg en Melkbosrand in die Kunenestreek afgemaai is.

Die leeus kom vermoedelik van Kliprivier af.

Byna die hele lewensbestaan van die boer, mnr. Vitalis Florry, is in een nag uitgewis en selfs die hond is vrekgebyt.

Al wat in die kraal oorgebly het, is 13 boklammertjies.

Die vee was oornag in die kraal toegemaak, is bevestig. Vrese bestaan dat die leeus deur die gemeenskap vergiftig sal word.

Volgens Muyunda het beamptes van die ministerie dadelik na die gebied gegaan nadat hulle van die voorval ingelig is.

"Ons voorlopige ondersoek dui daarop dat die eerste reëns in die Kunenestreek die bewegings van wild laat uitbrei het en dit vir die leeus en ander roofdiere moeilik gemaak het om hul natuurlike prooi te vind," sê die woordvoerder.

"Weersveranderinge lei ook tot mens-dier-konflik waar mense en wild om beskikbare hulpbronne moet meeding. Wild sal altyd beweeg na waar beskikbare water in die veld is," verduidelik hy.

KRALE

Muyunda sê die ministerie het ook opgemerk die kraal waar die bokke en skape gevang is, is nie baie sterk of volgens roofdierbestandheidsvereistes gebou nie.

"Terwyl die ministerie 'n rol en funksie het om plaaslike gemeenskappe en boere te ondersteun om geskikte mens-dier-konflikbestuursplanne te ontwikkel en te implementeer, is dit die verantwoordelikheid van alle burgers, boere, organisasies en staatsorgane om maatreëls in werking te stel om mens-dier-konflik te vermy," beklemtoon Muyunda.

"Almal het 'n plig om te sorg dat redelike maatreëls geïmplementeer word om skade deur wild te voorkom en te verminder."

Muyunda sê 'n verskeidenheid van benaderings kan geïmplementeer word om konflik doeltreffend en effektief te bestuur. Dit sluit in voorkomingstrategieë wat konflik in die eerste plek vermy, aksie om die oorsake te takel, beskermingstrategieë wanneer konflik verseker gaan gebeur of reeds gebeur het, asook strategieë om die impak en die probleem te verminder.

"Een van die strategieë is om die hoeveelheid van die aantal diere te bepaal wat verwyder kan word as daar sulke probleme is. Reaksie op konflik moet vinnig wees, maar gebaseer op die beste beskikbare inligting en bevolkingsyfers moet wetenskaplik aanvaarbare drakragkapasiteit gehandhaaf word," verduidelik Muyunda.

Hy sê die ministerie neem kwessies van mens-dier-konflik ernstig op en daarom word die hersiening van die nasionale beleid oor mens-dier-konflikbestuur gefinaliseer wat deur die kabinet bekragtig is.

"Dit sal nou in die parlement vir finale oorweging en goedkeuring ter tafel gelê word. Onder die beleid is die mens-leeu-konflikbestuursplan vir die Noordweste wat ontwikkel is en ten volle geïplementeer sal word," het Muyunda gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.05/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 936.69/OZ DOWN -0.0035 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.05/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 936.69/OZ DOWN -0.0035