Konflik oor Garib-Ost duur voort

'n Ongemaklike situasie het ontstaan nadat die kinders van 'n voormalige plaaswerker van die plaas afgesit is.
Catherine Sasman
ont face="Verdana" >

ont face="Verdana" >

Catherine Sasman - Die kinders van wyle mnr. Moses Namiseb het belowe om terug te keer na Noordbron, 'n veepos op die plaas Garib-Ost in die Dordabis-gebied waar hul pa vruggebruik tot sy dood in Maart 2017 gehad het.

Die hoërhof het op 26 Oktober 2018 twee Namiseb-kinders beveel om binne vyf dae ná die hofbevel die eiendom te ontruim tesame met alle mense en beeste wat by die veepos gebly het.

Die hofbevel het beslis dat die Namiseb-kinders nie die plaas sonder die toestemming van die eienaars mag betree nie, maar dat toestemming nie onredelik geweier sou word nie.

Hulle het aanvanklik by wyse van hul regsverteenwoordiger, mnr. Khadila Amoomo, vir uitstel van die uitvoering van die hofbevel tot einde Januarie vanjaar gevra.

Op 28 Januarie het Amoomo die eienaars, mnr. Sigurd en me. Juljane Hess, gevra om die uitsetting tot einde Maart uit te stel om onderhandelinge toe te laat oor 'n voorgenome verkoopstransaksie van 'n deel van die grond rondom Noordbron.

Op 5 Februarie het die adjunkbalju, mnr. Manfred Hennes, hul besittings en beeste verwyder, met die Nabisebs wat vurig geprotesteer het.

Sedert die verwydering van hul besittings en beeste van Noordbron, het hulle in die korridor langs die hoofgrondpad tussen ander plase en lodges in die gebied gebly. Dit is 'n gevaarlike plek, want dit kan nie deur aankomende verkeer gesien word nie.

“Ons sal na Noordbron terugkeer,” het een van die dogters, me. Martha Namises, gesê wat sedert die uitsetting weke gelede langs die korridor sit.

“Dit is ons vuurherd; dit is waar ons ons bruilofte en partytjies gehou het. Ons mense het daar gesterf en is daar begrawe," het die jonger suster, me. Wilma !Games, gesê.

In teenstelling met die Namiseb-kinders wat beweer Noordbron is die plek waar hulle hoort, sê die Hess-egpaar hulle het die plaas reeds in die vroeë tagtigerjare verlaat.

AGTERGROND

Mnr. Moses Namiseb het in 1965 vir mnr. Hans Joachim Lühl, Juljane se oupa, begin werk. Namibseb, sy vrou en 13 kinders het by die veepos genaamd Ende gebly.

Tydens 'n erge droogte in 1981 is die Ende-veepos gesluit en die Namiseb-familie het na die plaasopstal getrek waar hulle in een van die werkershuise gebly het.

Volgens Juljane, het die ouer Namiseb -kinders op 'n tyd in 1981 nie meer saam met hul ouers op die plaas gewoon nie. Twee kinders, Isaak en Andreas, het op die plaas gebly, want hulle het daar begin werk.

Toe Juljane se pa, Hans-Peter, wat die plaas in 1983 oorgeneem het, het Moses daar vir 'n verdere drie jaar gewerk tot en met sy aftrede op 60 in 1986. Moses en sy vrou is aangebied om in 'n huis by die Noordbron-veepos te bly en hulle is verblyfreg vir die res van hul lewens gegee.

Die verblyfreg, het die Hess-egpaar gesê, is na Moses en Else uitgebrei, maar het hul volwasse kinders uitgesluit. Moses was toegelaat om vee tydens sy aftrede aan te hou.

Juljane hou vol toe die Namibseb-egpaar afgetree en na Noordbron getrek het, het hul kinders nie meer op die plaas gebly nie.

Die Namiseb-familie het wel in 2005 aangedui dat hulle belang stel om Noordbron te koop, maar die aanbod is van die hand gewys. Die plaaseienaars het toe 'n kontrak met Moses gesluit om beide partye se regte en verpligtinge duidelik te maak.

Moses se vrou, Elsa, het in 2012 gesterf en toe die Hess-egpaar die plaas in 2015 oorgeneem het, het hulle 'n nuwe kontrak met Moses gesluit wat weer sy verblyfreg bevestig het.

Die kontrak het gestipuleer dat een van Moses se dogters, Leopoldina, saam met haar pa sal bly om na hom op sy oudag om te sien.

Nadat Moses in 2017 gesterf het, is Leopoldina aangebied om by haar seun, Tobias, in te trek wat ook op die plaas werk. Sy het dit van die hand gewys en in Februarie 2018 van die plaas weggetrek.

Die Namiseb-kinders het in Junie 2017 weer 'n aanbod gemaak om 1 500 hektaar grond rondom Noordbron te koop, maar die plaaseienaars het die aanbod weer geweier.

Volgens die Hess-egpaar is die Namiseb-kinders toegelaat om hul families se grafte op die plaas te besoek op die voorwaarde dat hulle by die plaasreëls hou. Dit is ook ooreengekom dat mnr. Lazarus Namiseb, wat deur die kinders as die hoof van die familie geag word, sy 11 beeste op die plaas kan hou. Dit is aan 'n huurbedrag onderworpe.

Die Hess-egpaar sê die huurooreenkoms met Lazarus was nie in Februarie 2018 hernu nie, alhoewel sy beeste tot 5 Februarie vanjaar op die plaas aangebly het.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43%