Kon Geingob meer vir SADC vermag?

Die Namibiese president se jaar as voorsitter van SADC het verlede week ten einde geloop.
Augetto Graig
Leierskap van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) is meer van 'n seremoniële posisie as 'n amp met aktief uitvoerende magte.

Daarom moet president Hage Geingob se termyn as SADC-voorsitter nie volgens die politieke waarnemer prof. Henning Melber in uitermate roos­kleurige tinte gekleur word nie.

Geingob het op 17 Augustus 2019 in Dar es Salaam die voorsitterskap aan ­president John Joseph Pombe Magufuli van Tanzanië oorhandig.

Ná 'n jaar as leier van die streeks­organisasie kon Geingob terugkyk op die mylpale en struikelblokke. Ses verkiesings het in die periode plaasgevind en mag is in vyf lidlande oorgedra.

Die impak van klimaatsverandering – droogte en verwoestende siklone – eis toenemend sy tol. “Klimaatsverandering is 'n werklikheid en ons streek kan daarvan getuig,” het Geingob in sy slottoespraak as SADC-voorsitter gesê.

Die siklone Desmond, Enawo, Kenneth en Idai het wydverspreide vloede in die Comore-eilande, Mosambiek, Tanzanië, Madagaskar, Malawi en Zimbabwe veroorsaak. Swaar reën het ook nood in KwaZulu-Natal in Suid-Afrika geskep.

Hierdie storms het meer as 1 000 lewens geëis, sowat 3 000 mense is beseer, infrastruktuur beskadig, skole en gesondheidsfasiliteite verwoes, en meer as 800 000 hektaar se landerye vernietig. Meer as 3,3 miljoen mense is geraak en benodig kos, klere, verblyf, water, medisyne en sanitasie.

Volgens Geingob het SADC US$500 000 beskikbaar gestel om saam met ­betrokke lidlande en internasionale vennote ­ondersteuning aan slagoffers van sikloon Idai te verleen. Daar is ook 'n beroep vir nog US$323 miljoen se noodleniging gedoen. Terselfdertyd heers droogte in Angola, Botswana, Lesotho, Zimbabwe en Namibië. Namibië, Botswana en Lesotho het noodtoestande afgekondig.

Geingob het lidlande bedank vir hul ­ondersteuning en gesê die vermindering van rampgevare moet 'n prioriteit vir die streek bly. Die antwoord is volgens die Namibiese staatshoof volhoubare ontwikkeling, vroeëwaarskuwingstelsels, beter voorbereidheid, vinnige reaksie en groter bewustheid van voorsorg vir die gevolge van klimaatsverandering.

NUWE LEIERS

Geingob kon in sy toespraak met die teenwoordigheid van vyf nuwe staatshoofde by die jaarlikse vergadering spog.

Hulle is die Demokratiese Republiek die Kongo (DRC) se nuwe president, mnr. Felix Tshisekedi, president Andry Rajoelina van Madagaskar, prof. Peter Mutharika van Malawi, ­president Azali Assoumani van die Comore-­eilande en Suid-Afrika se president Cyril ­Ramaphosa.

“Vir die eerste keer sedert onafhanklikwording het ons die vreedsame oordrag van mag in die DRK beleef, wat 'n nuwe era vir sosioëkonomiese voorspoed, vrede en politieke stabiliteit vir die land beteken. Demokrasie in die streek word werklik volwasse,” het Geingob gesê.

Reeds toe hy die amp as voorsitter aanvaar het, het Geingob gesê dit was belangrik dat ingrypings in die DRK, Lesotho en Madagaskar voor verkiesings plaasgevind het. SADC is volgens hom onder meer om hierdie rede een van die mees stabiele streke in Afrika.

Melber sê egter Geingob het nie so baie met hierdie prestasies te doen gehad as wat dit dalk mag lyk nie.

“In die algemeen is die voorsitterskap van SADC minder invloedryk as die indruk wat geskep word. Ek dink dit is meer van 'n persoonlike prestasie vir die persoon wat die amp beklee; een wat hy by sy persoonlike en sy land se reputasie kan voeg nie,” sê Melber.

“Om meer spesifiek oor die voorbeeld van die Mosambiekse vredesooreenkoms te wees: Dit was hoofsaaklik Switserland wat 'n deurslaggewende rol in die onderhandelinge gespeel het, ook deur sy ambassadeur Mirko Manzoni, wat die voorsitter was van die kontakgroep vir vredesonderhandelinge tussen die ­regering en Renamo. SADC, en sy voorsitter Geingob, was omstanders, maar nie ­'bewegers' nie,” sê Melber.

Geingob het die vredesooreenkoms tydens die ondertekening daarvan op 6 Augustus in Maputo as 'n groot tree voorentoe beskryf. “'n Mens maak nie met 'n ou vriend vrede nie; 'n mens maak vrede met jou teenstander,” het hy by die geleentheid gesê.

SADC behartig sy werk gewoonlik deur middel van troikas, verduidelik Melber. Die troika word saamgestel uit die voormalige, huidige en toekomstige voorsitter, en werk dikwels parallel met die SADC-troika vir verdediging en veiligheid, wat op 'n soortgelyke wyse saamgestel word. “Dit beteken in baie gevalle – veral wanneer die bemiddeling van 'n geskil die betrokkenheid van albei liggame verg – is tot ses staatshoofde van SADC-lidlande betrokke,” sê Melber.

“Die individuele SADC-voorsitter het dus nie soveel enkelvoudige gesag as wat dit mag lyk nie en voer meer gereeld ­verteenwoordigende funksies uit.”

Geingob se betrokkenheid sal egter weens dieselfde redes nog tot volgende jaar strek, soos dit reeds die jaar voor sy aanvaarding van die voorsitterskap op 17 Augustus 2018 in Windhoek begin het.

In Lesotho was mnr. Cyril ­Ramaphosa die bemiddelaar, voordat hy president geword het. Om ander bemiddelaars te gebruik, is volgens Melber sinvol omdat dit om diplomatieke redes nie doeltreffend is vir 'n huidige staatshoof om die indruk te skep dat hy direk by ­lidlande se sake inmeng nie.

“Voorkeur word in sulke gevalle gegee aan afgetrede staatshoofde. Ek sou dus sê die rol van 'n SADC-voorsitter is redelik beperk, maar uiteraard word sy ­uitsprake opgemerk,” sê Melber.



VREDE EN ONTWIKKELING

In Namibiese konteks loop die beeld van 'n verenigde “Namibiese Huis” en samewerking om voorspoed vir almal te verseker soos 'n goue draad deur Geingob se presidentskap.

Dieselfde temas van stabiliteit en ontwikkeling is in sy toespraak met die aanvaarding van die SADC-voorsitterskap weerspieël. Hy het die belang van gesamentlike doelwitte en gedeelde voorspoed beklemtoon om die Afrika-unie (AU) se visie vir 2063 te verwesenlik: “'n Nuwe Afrika, die Afrika wat ons wil hê . . .”

Geingob het ook klem op nywerheidsontwikkeling, ekonomiese samewerking en streeksintegrasie geplaas. Daarvoor, het hy gesê, is sterk prosesse, stelsels en instansies nodig. Geingob het die vorming van 'n Afrika-wye vrye­handelsgebied (AfCFTA) geprys. “Vandag staan ons by die kruispad as 'n streek en as 'n vasteland. Dit is tyd vir ons om 'n groot sprong vorentoe te gee deur die geleenthede in te span wat ver­skillende streke se waardekettings en die vierde nywerheidsrevolusie bied,” het hy gesê. “Sonder vrede en stabiliteit sal ekonomiese groei en ontwikkeling niks meer as 'n droom op die horison bly nie.”

In Julie 2019 het Geingob in Niamey, Niger, gesê SADC is 'n belangrike bou­steen van die AfCFTA. SADC voldoen volgens Geingob volledig aan die vaste­land se integrasie-agenda soos in die 1991 Abuja-verdrag uiteengesit. Twaalf lidlande is reeds sedert 2008 deel van 'n vryehandelsgebied en SADC het volgens Geingob ooreengekome planne vir industrialisering en finansiële insluiting; 'n raamwerk vir 'n sentrale staatseffekte­mark; 'n model om dubbele belasting te vermy, en 'n stelsel om dadelik oorgrenstransaksies te voltooi. Daar is ook 'n meesterplan vir die ontwikkeling van vervoerinfrastruktuur gebaseer op korri­dormodelle en eenstopgrensposte. Die Suider-Afrikaanse Kragpoel (SAPP) behels samewerking tussen 13 lande en 16 verskillende elektrisiteitsvoorsieners.



ZIMBABWE EN DRK

SADC se voortgesette stilte oor die ­situasie in Zimbabwe wys volgens Melber die swak plekke in die staat­kundige organisasie se mondering.

“Dit is tekenend van die rol van SADC dat toe die beraad in die “Stad van Vrede” (Dar es Salaam) plaasgevind het, geen woorde van waarskuwing of kommer deur presidente Geingob of Magufuli geopper is oor die brutale geweld wat die dag voor dit in Harare plaasgevind het nie. Tydens sy jaar as voorsitter het SADC hoofsaaklik teruggedeins om in te meng, ondanks die agteruitgang van die menseregtesituasie in Zimbabwe,” voer Melber aan.

“SADC het ook geweier om standpunt in te neem oor die verkiesingsuitslae in die DRK, wat as gemanipuleer beskou is.”

Minstens het nie-ingryping volgens Melber nie geweld en konflik in die twee lande vererger nie.

“Maar dit is die algemene houding van SADC: Om grootliks ten gunste van regerings te bly en op die draad te sit,” sê hy.

Hierteenoor was bemiddeling in Lesotho volgens Melber baie aktief. Volgens hom het Suid-Afrika se direkte belang by stabiliteit in Lesotho beslis 'n rol gespeel. In Mosambiek was die vredes­proses volgens Melber ook al goed op dreef.

“'n Mens kan daarom sê dit was 'n redelike stil jaar vir Geingob. Ek sal sê hy het nie uitsonderlik presteer nie. Hy het ook nie Namibië se internasionale aansien noemenswaardig verhoog nie. Gesien uit 'n ander perspektief, was dit 'n gemiste geleentheid,” merk Melber op.

Volgens hom geld dieselfde eintlik vir alle SADC-voorsitters weens die ­roterende aard van die posisie en die nadruk op formaliteite en “business as usual”.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.31/OZ DOWN -0.0024 | Copper US$ 4.42/lb DOWN -0.0107 | Zinc US$ 2 806.90/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 88.30/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 911.09/OZ DOWN -0.0107 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.31/OZ DOWN -0.0024 | Copper US$ 4.42/lb DOWN -0.0107 | Zinc US$ 2 806.90/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 88.30/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 911.09/OZ DOWN -0.0107