Kommer oor voedselsekuriteit
’n Laer reënval in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) laat krap beleidmakers kop oor kos.
Denver Kisting – Namibië en ses ander lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) staar voedselonsekerheid in die gesig.
Só het die SADC-direkteur gelas met kos, landbou en natuurlike hulpbronne, mnr. Domingos Gove, die afgelope naweek in Windhoek gesê.
Volgens hom sluit dié “weerlose gemeenskappe” naas Namibië ook Suid-Afrika, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) en Lesotho in.
Hy sê gewasverbouing in dié lande is veral gekortwiek deur laer reënsyfers vroeër vanjaar as wat verwag is.
Vergeleke met die vorige jaar het die verbouing van mielies in naburige Suid-Afrika afgeneem met 23% en tot 34% in Zambië.
Hy het Saterdagoggend tydens ’n nuuskonferensie aan joernaliste gesê La Nina word allerweë beskou as die hoofrede vir die verlaagde reënval in die streek veral vanjaar.
Hoewel oespryse in SADC laag is, bly die verwagting dat dit weens die afname in die vervaardiging van kos in die streek sal optel, het Gove gesê.
Hy het die opmerkings gemaak tydens die 38ste SADC-beraad wat sedert Donderdag in Windhoek plaasvind en later vandeesweek ten einde loop.
Volgens hom is sy direktoraat ook besig om verskeie plant- en dieresiektes in die streek fyn dop te hou.
Tydens dieselfde geleentheid het hy ook die rolle en verantwoordelikhede van sy direktoraat uitgelig.
Hy sê hulle is hoofsaaklik verantwoordelik daarvoor om beleid en programme te ontwikkel, te bevorder en te koördineer wat moet toesien dat landboubedrywighede in die streek uitgebrei word.
Volgens hom is hulle ook verantwoordelik vir die bevordering van handel om voedsekuriteit en volhoubare ekonomiese ontwikkeling teweeg te bring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie