Kommer oor slagting op paaie
Tanja Bause - Vanaf April tot November vanjaar is 5 888 padongelukke by die Namibiese polisie aangemeld waarin 278 mense dood en 1 902 beseer is. Die jaarlikse vakansieseisoen skop op 27 November af en duur tot 16 Januarie die daaropvolgende jaar.
“Dié tydperk is 45 dae en ons het reeds 23 lewens op ons paaie verloor, met 57 ongelukke wat aangemeld en 83 mense wat beseer is. Dit is ‘n groot rede tot kommer," sê die woordvoerder van die Namibiese polisie, adjunk- kommissaris Edwin Kanguatjivi.
Verlede jaar in dieselfde 45 dae-tydperk is 144 mense dood en 677 ongelukke en 1 313 beserings aangemeld.
“In ’n poging om die aantal ongelukke op die nasionale paaie te verminder, sal die Namibiese polisie ’n verhoogde teenwoordigheid tydens die Kersseisoen op veral die B1- en B2-hoofpaaie hê," het Kanguatjivi gesê.
Tydelike noodsentrums is ook op Etunda tussen Otavi en Otjiwarongo, op die plaas Success tussen Okahandja en Otjiwarongo en ook op Wilhelmsdal tussen Okahandja en Karibib opgerig.
“Die sentrums sal sewe dae per week, vier-en-twintig uur per dag beman en operasioneel wees. Mobiele padblokkades sal ook by die punte wees.”
Hy het voorts verwys na sekere datums waartydens mense eerder die land se nasionale paaie moet vermy.
“Ons raai mense aan om indien enigsins moontlik nie tussen 4 en 13 Desember op die paaie te wees nie. Ook van 20 tot 28 Desember wanneer die meeste besighede vir die vakansie sluit. Nog datums is van 30 Desember tot 4 Januarie, sowel as 8 tot 12 Januarie wanneer die laaste vakansiegangers na hulle huise terugkeer om weer by skole en hul werk in te val.
Die polisie sal tydens die vakansieseisoen veral op die padwaardigheid en oorlading van voertuie, sowel as die dra van veiligheidsgordels fokus. Toetse vir dronkbestuur sal ook gedoen word. Streng optrede kan ook verwag word teen motoriste wat op 'n blinde kol verbysteek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie