Kommer heers oor strukture in Suid-Chinese see
Kommer heers oor strukture in Suid-Chinese see

Kommer heers oor strukture in Suid-Chinese see

Estelle de Bruyn
China is amper klaar gebou aan byna 24 strukture op kunsmatige eilande in die Suid-Chinese see, wat lyk of hulle ontwerp is om missiele te huisves.

Vrae oor óf en hoe Amerika sal reageer, word gevra, siende dat dié land beloof het om China vas te vat wat die Suid-Chinese­ see betref.

China eis die grootste deel van die Suid-Chinese see op, wat 'n derde van die wêreld se maritieme verkeer bevat.

Broenei, Maleisië, die Filippyne, Taiwan en Viëtnam het ook eise hierop.

Trump se administrasie het gesê dis onwettig vir China om eilande in dié see te bou.

Die bou van hierdie strukture met dakke wat oop en toe kan maak, kan gesien word as 'n militêre uitbreiding, het amptenare van die VSA aan Reuters gesê.

“Dit is nie asof die Chinese enigiets in die Suid-Chinese see bou net om te bou nie, en hierdie strukture is soortgelyk aan ander wat SAM-batterye huisves, so die logiese gevolgtrekking is dat dít is waarvoor hulle gebruik word.”

Dit lyk of die strukture 20 m lank en 10 m hoog is.

'n Pentagon-woordvoerder sê Amerika bly daartoe verbind om die Suid-Chinese­ see te demilitariseer.

Die Chinese ambassade in Washington was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie. – Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!