Kommandowurm steek kop uit in Indiu00eb
Kommandowurm steek kop uit in Indiu00eb

Kommandowurm steek kop uit in Indië

Die herfskommando­wurm, wat vroeër groot skade in Afrika en die Amerikas aangerig het, versprei nou teen 'n verontrustende spoed in Karnataka in Indië.

Die kommandowurm is volgens amptenare in die deelstaat Karnataka gevind.

CNN berig tussen 15% en 22% van die mielieoeste op die kampus van die Landbou-universiteit van Tamil Nadu het tekens van die wurm getoon.

Die wurm het oeste in sowat 'n dosyn lande in Afrika vernietig met sommige gebiede in Zimbabwe wat tot 70% van hul oeste verloor het.

Volgens CNN sê die Internasionale Sentrum vir Landbou- en Bioweten­skap (Cabi) lande in Afrika kan tussen US$2,4 miljard (sowat R35 miljard) en US$6,1 miljard (sowat R89 miljard) weens die plaag verloor.

Plaaslike entomoloë in Indië het gevind die mielies wat op die kampus van die Universiteit van Landbou en Tuinbouwetenskap in Shivamogga verbou is, is in Mei deur 'n nuwe variëteit plaag ­opgevreet, berig The Hindu.

Volgens die koerant het wetenskaplike toetse getoon dit is die herfskommandowurm wat in 2016 verwoesting in Afrika gesaai het.

Daar word gereken dat dit die eerste keer is dat dié wurm in Asië voorkom. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!