Kombat-kwessie sloer

Inwoners van Kombat ly onder armoede, skuld en onsekerheid.
Augetto Graig
Augetto Graig - “Hulle sê daar is ? eienaar van Kombat, maar hy doen niks oor ons probleme nie.

“Niks word op Kombat onderhou nie. Daar is orals gemors.”

So sê die voorsitter van die Kombat-gemeenskapkomitee, me. Magalena Kesovei. Volgens haar word inwoners se pleidooie blatant geïgnoreer. “Ons is slagoffers hier.”

Skoonmaakdienste is gestaak en instandhouding is nou elke inwoner se eie verantwoordelikheid.

Mnr. Josef Hamutenya, ‘n voormalige loodgieter op die dorpie, is twee jaar gelede afgedank. Sy huisgesin het meer as N$20 000 se skuld.

Buurvrou Hambeleleni Shuufeni het hul gesin se meer as N$10 000 uitstaande huurrekening vir Noorderlig gewys. Sy sê inwoners betaal ook eerder deesdae direk die streekverskaffer van krag omdat vorige betalings nie oorgedra is aan die verhuurder nie. “Ons, die jeug, sal opstaan vir ons dorp. My ouers het in daai myn gewerk,” sê sy.

Mnr. Knowledge Katti, wat aandring die dorpie is sy private eiendom, vra N$1 250 per maand van inwoners van die armoedige gemeenskap. Hy het reeds regstappe laat doen teen diegene wie se skuld ophoop.

Volgens die Nambiese ombudsman, adv. John Walters, het sy ondersoek na verblyfregte van inwoners en die eindelike eienaarskap van die nedersetting tot ? vergadering met kernbelanghebbendes, insluitend die betrokke ministeries, gelei.

Verteenwoordigers van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling, die ministerie van mynbou en energie, die aktekantoor en die prokureur-generaal se kantoor was almal teenwoordig. ? Komitee is gevolglik saamgestel om verdere ondersoek te doen. Die uitslag moet dan aan die uitvoerende direkteur van landelike ontwikkeling gerapporteer word, wat dan aan Walters verslag sal doen. Tot dusver het Walters nog niks gehoor nie.

“Ek weet mnr. Katti dring aan hy is die eienaar en het die huur verhoog, asook dagvaardings laat uitreik aan dié met uitstaande skuld,” sê die ombudsman. “Ek weet egter nie aan wie behoort Kombat nie.”

Walters sê van die ouer inwoners beweer hulle het jare terug aan die oorspronklike eienaars van die dorp, Ongopolo, van hul salarisse afgestaan om hul huise te koop. Die grond is egter nooit oorgedra in hul name nie, sê Walters.

Ongopolo Mining and Processing het in 1999 die myn verkry. In 2001 het Ongopolo kennis aan werkers gegee dat hulle die Kombat-huise sou verkoop en dat werknemers die eerste opsie sal kry om te koop. Dit kon nie voortgaan nie omdat die Kombat eers as 'n dorp geproklameer moes word.

Kombat is uiteindelik in Mei 2006 as 'n dorp verklaar, bestaande uit 279 erwe waarvan sommige as staatsgoedere gereserveer is. In Augustus daardie jaar is dit weer tot 'n nedersetting onder die beheer van die Otjozondjupa-streeksraad verklaar.

Die Otjozondjupastreek se woordvoerder, me. Cornelia Shikongo, dring egter aan dat Kombat nooit onder die raad of enige van sy plaaslike owerhede geval het nie. “Kombat is nie deel van ons nedersettings nie en nie onder ons administrasie nie,” sê sy. “Die eienaarskap van Kombat is nogal ingewikkeld. Ek is nie seker van die status van Kombat nie.”

Weatherly International Plc het 2006 Kombat oorgeneem en die myn tot Januarie 2008 bedryf, toe 'n kragonderbreking ná ondergrondse oorstroming die opheffing van mynbedrywighede tot gevolg gehad het. Die meule en skagtoerusting is onder sorg en instandhouding geplaas.

'n Jaar later, in 2009, het 'n Suid-Afrikaanse maatskappy, Grove Mining, Kombat verwerf. In 2012 het Manila Investments, 'n maatskappy van Katti wat ook die houer van die mynlisensie in die gebied is, met die Kanadese vennote Kombat Copper en die staatsonderneming Epangelo Mining wat die mynboubedrywighede op die dorp oorgeneem.

In Maart van 2015 het Katti die 308 hektaar-dorpsgronde by Kombat Copper gekoop. Die waarde daarvan was toe op sowat N$50 miljoen geskat, alhoewel plaaslike berigte Kombat Copper se finansiële rekords aangehaal het dat Katti maar een Kanadese dollar (sowat N$11 teen daardie tyd se wisselkoers) vir die dorp betaal het. Hy moes toe ook oordragskoste van sowat N$5,3 miljoen dek, volgens berigte.

In 2016 het Kombat Copper sy naam na Trigon Metals verander. Trigon het in Junie aangekondig dat hulle met Shandong Xinhai Mining & Equipment uit China onderhandel om by die mynbouprojek in te koop. Xinhai-beamptes was in Maart op Kombat om die myn te besoek.

“Ná die besoek het Xinhai sy verbintenis tot Trigon en die voorgestelde transaksie bevestig,” lui hul jongste persverklaring.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%