Kombat kwaad vir Katti
Byna 300 inwoners van Kombat het Woensdag teen aansienlike verhogings in huur op die sluimerende myndorp betoog.
Huur is vanaf 1 November van N$350 tot N$1 250 per maand verhoog. Mense in groter huise moet nou N$5 500 betaal.
Mnr. Knowledge Katti het die dorpsgebied van sowat 280 hektaar in April 2013 gekoop. Van die inwoners is werkloos, terwyl ander die myn in stand hou of op plase werk. Hulle eis dat huur dieselfde bly of met 'n redelike bedrag verhoog.
Inwoners eis ingryping deur die regering. Katti se dorpsbestuur is as 'n ander soort kolonialisme bestempel.
Die dorpsbestuurder, mnr. Charlie Dawid, het 'n gemeenskapsvergadering oor die kwessie voorgestel. Die huur betaal volgens hom vir water, elektrisiteit en riooldienste.
Die kliniek, laerskool en polisiestasie op die dorp se huur beloop elkeen tussen N$40 000 en N$50 000 per maand. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie