Kom trap en hol by fees
Vir diegene wat kans sien vir fietsry of draf(stap) by die Hentiesfees, is daar 'n nuwe roete.
Daar wag 'n splinternuwe roete vir vanjaar se deelnemers aan die Hentiesfees se Ride and Run wat op 24 Augustus plaasvind.
Herman Krauze het laat weet die organiseerders het op 'n nuwe roete besluit omdat die vorige een die verloop van die wedrenne bemoeilik het.
Die wegspringskoot klap 7:30 by LukZet, waar die wedrenne ook eindig, en sal 7:00 deur 'n inligtingsessie voorafgegaan word.
Daar is ook heelwat uitkykpunte op die roete sodat belangstellendes die vordering van deelnemers ongehindered kan volg.
Bergfietsryers kan in verskillende afdelings meeding: 30 km juniors o.19 en 70 km ope, +95 kg, +50 jaar en elektriese fietse.
Krauze sê tussen 200 en 300 deelnemers tree elke jaar aan en dieselfde getalle word weer verwag.
Volgens hom sal die 30 km- en 70 km-wedren op dieselfde roete wees.
“Langafstandryers sal die roete twee keer moet voltooi, en die kortafstandryers een keer.”
Hy sê die nuwe roete is redelik plat en gelyk, wat die wedren 'n goeie opsie maak vir deelnemers wat vir die Desert Dash in Desember wil opwarm.
Krauze sê die wedrenne gaan nie oor groot pryse of betaling nie.
“Dit is gerig op familiegees bou en die versterking van vriendskappe onder deelnemers en toeskouers.”
Vir die minder ernstiges (en fikses) is daar 'n 5 km-familiepretloop, asook 'n 10 km-roete vir families, bergfietsry en
draf wat vir die plesier aangepak kan word.
Krauze sê die belangrikste item van die dag is beslis die laaste een: Die resies vir die kleinspan.
“Die hele dag se gebeurtenisse bou maar eintlik op tot dié oomblik wanneer ons die klomp tjokkertjies die pad af jaag. Dit is altyd groot pret en opwinding.”
Hy sê die woord “verloor” bestaan in deelnemers se woordeskat nie.
“Daarom kry elke kleinding 'n medalje en 'n geskenkie met komplimente van Guan's Packaging as beloning vir hul deelname.
“Die ouer deelnemers se geskenkbewyse en trofees is deur Guan's Packaging ontwerp en gemaak. Dit beteken die trofees is enig in hul soort.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie