Kom ons vier onafhanklikheid
Kom ons vier onafhanklikheid

Kom ons vier onafhanklikheid

Lloyd Zandberg
Die Ondjila Y`Ondjaba-konsertagentskap, die Warehouse-teater en Tafel Lager snoer kragte saam om Namibië se 28ste onafhanklikheidsvieringe onvergeetlik te maak.

’n Hoogtepunt is 'n groep musikante-cum-dansers se show onder leiding van die sangerkitaarspeler Jackson Wahengo, 'n voorste nuwe-generasie Namibiese musikant met die skaars vermoë om tradisionele musiek in iets te omskep wat die Namibiese jeug se aandag trek.

Die Warehouse-teater open sy deure op 21 Maart om 17:00 met 'n fees van kapana, skemerkelkies en akoestiese musiek deur Jacob & Taylor by die Boiler Room.

Om 20:00 pak Wahengo & The Homeboys die verhoog in die Warehouse aan, met 'n twee uur lange program van Kubaanse ballades tot Suid-Afrikaanse mbaqanga, van Wes-Afrikaanse wolof tot die hoogs ritmiese Namibiese shambo.

Daarna, steeds in die Warehouse, neem D-Jay Seboa jou op reis deur 'n mengsel van Wes-Afrika, Old School en Deep House en bring hy hulde aan Namibiese musikante wat onlangs gesterf het, asook aan die legendariese Hugh Masekela.

Die Warehouse-teater sal die hele aand lank van buite af verlig word - 'n blink uitnodiging aan stadsbewoners om saam te kom feesvier.

Jackson Wahengo

Wahengo is tans waarskynlik Namibië se mees gevierde kitaarspeler. Sy musiek is sterk in Afrika-tradisies geanker, gemeng met kontemporêre stadsgeluide en sterk invloede van jazz, zouk, reggae en Afro folk - oftewel shambo.

Wahengo het sy kinderjare in Angola en die Kongo (Brazzaville) deurgebring tot Namibië onafhanklikheid verkry het.

Ná jare het Jackson sy vaardighede as jazz-kitaarspeler aan die Universiteit van Kaapstad geslyp.

In 2008 verhuis hy na Genève en is nou in Kopenhagen gevestig.

Hy het al saam met verskeie groepe in Namibië, Suid-Afrika, Denemarke en Switserland gespeel en een van die hoogtepunte van sy loopbaan was 'n konsert by die bekende Montreux-jazzfees in Switserland.

Jackson & Hugh

Wahengo het vroeg in September 2017 in Namibië aangeland met die liedjie “In his luggage” - 'n huldeblyk aan Hugh Masekela.

Die idee was om dit vir Masekela in Suid-Afrika te speel om sy hulp te soek - hetsy in die vorm van musikale samewerking of 'n medeproduksie.

Kontak is gemaak met Chris Syren van Making Music in Kaapstad, wat verskeie kere met Masekela saamgewerk het.

Toe die demonstrasie-CD gereed was om na Kaapstad gestuur te word, het die nuus oor Masekela se heengaan Namibië bereik.

Die opname is steeds met die betrokkenheid van plaaslike musikante Kali Kasinda, Esme Katjikuru en Romancia Shoonga en met 'n Hump Masekela-styl-trompetsolo voltooi. Dít met die Kaapse musikant Robin Cock se toestemming.

Kaartjies kos N$120 en is by www.eventstoday.com.na, op PayToday en by Airtime City-kiosks te koop.

By die deur kos dit N$150.

Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!