‘Kom ons beweeg aan’

Die staatshoof het emosionele Lubango-slagoffers gister aangeraai om met hul lewens voort te gaan.
Jemima Beukes
Jemima Beukes – Die land sal “in vlamme opgaan” as die Lubango-gate se Pandora-kis oopgemaak word.

Dít was gister president Hage Geingob se reaksie op versoeke om iets soortgelyk aan Suid-Afrika se Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) op die been te bring om die onverwerkte pyn en smart weens die sogenaamde Lubango-gate te hanteer.

Hy het daarop aangedring die Swapo-regering het reeds baie gedoen om die oud-aangehoudenes van die beweging, wat toe ’n vryheidsbeweging was, te omarm.

Die staatshoof het die oud-aangehoudenes gevra of hulle ontken dat hulle spioene tydens die vryheidstryd was, en het bygevoeg hulle is nie die enigstes wat met stigma saamleef nie – die “Boere” leef ook met die stigma van die verlede.

Geingob het gesê hy is self in die apartheidsera as ’n sentrale intelligensie-agentskap (CIA)-spioen beskou. Hy het vir die oud-aangehoudenes, wat daarvan beskuldig is dat hulle vir die Suid-Afrikaanse regering spioeneer, gesê hulle moet met hul lewens aangaan en nie in die verlede leef nie.

“Ons is deur dinge, maar ons vergeet. Dis ’n baie ingewikkelde kwessie en ons sal eerste by Koevoet moet begin. Maar as die wonde nou weer oopgemaak word, gaan hierdie land in vlamme opgaan. Daar is Koevoet-mense in die parlement, in opposisiepartye . . ,” het Geingob gesê.

Hy het gesê daar was alles dekkende kwytskelding toe die Vernigde Nasies (VN) Namibië tydens die oorgang van apartheid na ’n onafhanklike regering van raad bedien het, wat die apartheidstroepe ingesluit het.

“Een ding wat ek nie kan verstaan nie, is hoekom hierdie kwessie altyd rondom verkiesings na vore kom. Ek weet ballingskap is nie ’n grap nie,” het Geingob gesê.

Die VN se Resolusie 435, wat op 29 September 1978 aangeneem is, het Swapo verplig om alle politieke gevangenes vry te laat.

Hiervolgens is voorstelle gemaak vir ’n skietstilstand in die Suid-Afrikaans-beheerde Suidwes-Afrika, asook ’n verkiesing waaroor die VN sou toesig hou, wat uiteindelik tot ’n onafhanklike Namibië gelei het.

Tydens ’n besoek aan Staatshuis gister het ’n groep oud- Lubango-gevangenes vir die president gesê hulle is nie daar om te onderhandel nie, maar om die stigting van ’n WVK te eis, want hulle het ’n behoefte daaraan om met hul martelaars te vergader voor hulle kan aanbeweeg.

Hulle het ook daarop aangedring om te weet hoekom Swapo nooit die aantygings ondersoek het van dié wat deur die voormalige vryheidsbeweging aangehou, gemartel en selfs vermoor is omdat hulle glo spioene is nie.

Een van die slagoffers, mnr. Justus Tsauseb, wat op die ouderdom van 17 in ballingskap gegaan het en nege jaar in die gate deurgebring het, het gesê meer as 2 000 mense het in die gate gebly en het nooit teruggekeer nie.

Swapo beweer al jare lank hulle het net 201 “spioene” aangehou, en dat almal vrygelaat is.

Tsauseb wou hê Geingob moes verduidelik of die alles dekkende kwytskelding ook Swapo se wreedheid teenoor sy eie mense dek. Volgens hom is ’n groep van 160 aangehoudenes in 1989 teruggestuur en het die laaste groep van 16 mense later daardie jaar, in Augustus, ontsnap.

“Ons weet ons het mense agtergelaat wat steeds gelewe het en gesond was, en hulle het nooit teruggekeer nie,” het Tsauseb gesê.

Me. Pauline Dempers het Geingob se bewering dat Swapo oud-aangehoudenes omarm in trane weerlê.

Sy het gesê hulle het slegs met oudpresident Hifikipunye Pohamba, wie se administrasie beloftes gemaak het, ’n gunstige vergadering gehad.

Sy het bygevoeg hulle het tot dusver geen terugvoering van Swapo en die regering ontvang nie.

“Swapo het sy eie mense aangehou en vermoor. Ons het jare lank geleef met die dood wat oor ons koppe hang. Ons was daagliks onseker oor of ons nog ’n dag sou leef. Kamerade sou in die nag siek word en in ons arms doodgaan terwyl ons om hulp roep, en dan moes ons die volgende oggend ’n lyk uitdra,” het sy gesê.

Dempers het vir Geingob gesê oud-gevangenes wat daarin geslaag het om suksesvolle loopbane te hê word steeds geviktimiseer, terwyl ander deur hul families verwerp is uit vrees dat hulle van spioenasie verdink sou word indien hulle kontak voortsit.

“’n Oud-aangehoudene het getrek en in ’n landelike gemeenskap, waar sy nie oorspronklik vandaan kom nie, gaan nesskop toe sy agterkom die gemeenskap het geen waterkraan nie. Sy het toe een op haar eie onkoste laat installeer, maar van die gemeenskapslede het geweier om die kraan te gebruik, en het ander aangemoedig om dit ook nie te gebruik nie. Hulle het beweer dis met die vyand se omkoopgeld aangeskaf,” het Dempers gesê.

Volgens haar het ander oud-aangehoudenes jare lank onder die radar beweeg uit vrees dat hulle vermoor sal word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.23/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 859.90/T UP 1.9% | Brent Crude Oil US$ 87.94/BBP DOWN -0.0006 | Platinum US$ 904.61/OZ UP +0.27% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.23/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 859.90/T UP 1.9% | Brent Crude Oil US$ 87.94/BBP DOWN -0.0006 | Platinum US$ 904.61/OZ UP +0.27%