Kom leef jou liefde vir teater uit!
Wil jy ’n akteur of aktrise wees, maar weet nie waar om te begin nie?
Wil jy jou speltegnieke verbeter? Is jy ’n musikant, model of mimiekkunstenaar wat deur middel van opleiding in toneelspel jou talente verder wil ontwikkel? Wat ook al jou agtergrond, die ATKV se toneelslypskool kan jou die nodige selfvertroue gee vir verskeie aspekte van jou lewe – van teaterspel tot redevoering.
Die ATKV bied op 27 en 28 Mei ’n toneelslypskool vir hoërskoolleerders by die Windhoek Gimnasium-ouditorium aan waartydens hul talente en kreatiwiteit ontwikkel sal word. Die enigste vereiste is jou verbeelding . . .
Vir twee dae lank sal spel- en regievaardighede geslyp word. Die kategorieë Regie (onderwysers, studente, volwassenes) en Spel (hoërskoolleerders) word afsonderlik, maar in detail aangebied. Op dag 1 sal die teorie aangebied word en op dag 2 word dit gedurende praktiese slypskoolsessies toegepas.
Hennie van Greunen sal die regie-fokus aanbied. Sy reputasie as skrywer, vertaler en regisseur strek wyd. Sy eerste professionele verhoogstuk as dramaturg was Blougat. Sy meer onlangse werk as regisseur was Rondomskrik, Vir Ewig en Altyd, Die Naaimasjien, Shirley Valentyn, Die Leo’s, Pa en My briljante egskeiding.
Ira Blanckenberg sal optree as kursusleier vir die spel-fokus. As professionele teateraktrise speel sy onder meer in Othello, Kat-en-muis-speletjies, en Oom Anton by die see. As televisie-aktrise word sy onder meer onthou vir haar vertolkings in Egoli, Binnelanders en 7de Laan. Sy was ook te siene in die kortrolprente Vloeksteen en Toevlug.
Koste beloop R500 per persoon – dit sluit die kursusmateriaal, middagetes en ligte verversings in. Sertifikate van bywoning sal na afloop van die werkswinkel oorhandig word.
Die sluitingsdatum is 22 April. ’n Deposito van R250 is betaalbaar tydens inskrywing. Registreer so gou moontlik (met ’n voltooide inskrywingsvorm en bewys van betaling van deposito), aangesien ’n beperkte aantal kursusgangers geakkommodeer kan word.
Skakel vir Lizané Basson by +27 11 919 9078 of stuur ’n e-pos na [email protected] vir meer inligting. Bron ATKV

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie