Kolonel, onderwyser vas oor wild
'n Weermagkolonel (51) van die Otavi-weermagbasis en 'n onderwyser is vanoggend omstreeks 01:00 met twee duikers, twee hase, twee springhase en een wildsbok by die Bravo-polisiepadblokkade naby Tsintsabis in die Oshikotostreek in hul besit in hegtenis geneem.
Dit volg ná die eienaar van die plaas Tsutsab skote gehoor en sy seun en drie plaaswerkers wakker gemaak het. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het hulle glo ligte van 'n voertuig op die plaas gesien, dit gevolg en die polisie by die padblokkade ingelig.
"Die verdagte voertuig is by die padblokkade gestop en deursoek. 'n Haelgeweer met een patroon wat glo aan die Namibiese weermag behoort, 'n Makarov-pistool met vyf patrone en die wild is in die onderwyser (55) van die Valombola Beroepsopleidingsentrum op Ongwediva se bakkie gevind," lui die verslag.
Die polisie het beslag op al die vuurwapens en die vleis gelê.
Die twee verdagtes verskyn môre in die Tsumeb-landdroshof.
Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie