Kolonel en kie stroop glo wild

10 July 2019 | Howe
Francoise Steynberg - ’n Weermagkolonel en ’n instrukteur by ’n beroepsopleidingsentrum is Maandag op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle Sondag wild onwettig op ’n plaas naby Tsintsabis gejag het.

Kol. Tobias Ipangelwa Nujoma (51), van die Otavi-weermagbasis, en die 56-jarige mnr. Sameul Mumbala, ’n opleidingsinstrukteur by die Valombola-beroepsopleidingsentrum op Ongwediva, het Maandag op ’n klag van onwettige jag in die landdroshof op Tsumeb verskyn.

Nujoma is volgens die Namibiese weermag sedert Februarie 2018 hoof van die ingenieursregiment op die Otavi-weermagbasis.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die twee beskuldigdes Sondag omstreeks 01:00 glo met twee duikers, twee hase, twee springhase en een wildsbok in Mumbala se dubbelkajuitbakkie by die Bravo-polisiepadblokkade naby Tsintsabis in die Oshikotostreek in hegtenis geneem.

“Dit volg ná die eienaar van die plaas Tsutsab skote gehoor het en ’n voertuig se ligte op die plaas gesien het. Die eienaar, sy seun, drie plaaswerkers en ’n lid van die mans-en-vroue-netwerk het die voertuig agtervolg en polisielede by die padblokkade ingelig,” lui die misdaadverslag.

“Die verdagte voertuig is by die padblokkade gestop en deursoek. ’n Haelgeweer met een patroon wat glo aan die Namibiese weermag behoort, ’n Makarov-pistool met vyf patrone en die wild is in die bakkie gevind.”

Die polisie het beslag op al die vuurwapens en vleis gelê.

Landdros Ruben Mutuku het die saak tot 19 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel.

Soortgelyk

 

Handelsknoop knap voor Brexit deurgehaak

11 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Namibiërs wat graag aan ’n Skotse whisky weglê, en Britte wat van Namibiese beeshaas of ander prima beesvleissnitte hou, kan gerus slaap....

Hof toe oor voorskrifte

11 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - “Om van gewone mense in Namibië te verwag om afhanklik van ‘n doktersvoorskrif vir basiese medisyne te wees, is gelykstaande daaraan om...

Reuse-sege vir Okahandja-plakkers

11 ure gelede | Plaaslik

Yanna Smith – Inwoners van Vergenoeg, ’n onwettige nedersetting by Okahandja, het ná verskeie gemeenskapsvergaderings en -druk ’n reuse-oorwinning behaal.Dié druk, wat hoofsaaklik deur die...

Weer vir 12 September

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm in die Suide met 'n paar buie in die verre Suide, andersins sonnig en koel tot baie warm.KUS:...

Hage se lys ‘vervelig’

11 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Prof. Nico Horn sê pres. Hage Geingob se 10 kandidate om by Swapo in die Nasionale Vergadering (NV) aan te sluit, is...

‘Effense’ afname in hep. E-gevalle

11 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die aantal hepatitis E-gevalle in die land het in die eerste drie weke van Augustus afgeneem. Sedert ‘n uitbreking van die siekte...

Apple cuts prices, ramps up services

11 ure gelede | Tegnologie

Glenn Chapman - Apple unveiled its iPhone 11 models Tuesday with a price cut for the most basic models while also laying out plans for...

Polisie vir miljoene dollars gedagvaar

11 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht'n Paartjie van Suid-Afrika wat in 2013 vir etlike dae op Rundu aangehou is omdat hulle na bewering die wet op indiensneming oortree het...

Wêreldfisio-dag fokus op chroniese pyn

11 ure gelede | Gesondheid

Wêreldfisioterapiedag word jaarliks op 8 September gevier en is 'n geleentheid vir fisioterapeute van oraloor die wêreld om bewustheid van hul rol te skep om...