Kollig op Namibiese literêre kuns

16 July 2021 | Byvoegsels
Die beoordelaarspaneel en verteenwoordigende kunstenaars van die Bank Windhoek Doek Literary Awards is op 1 Julie aangekondig.

Die paneel bestaan uit Beauty Boois, dr. Coletta Kandemiri, Bruni Lubbe en Shawn van Eeden, terwyl Romeo Sinkala en Attila Giersch as verteenwoordigende kunstenaars sal dien. Dié hoogs gekwalifiseerde groep het al diep spore in die Namibiese literêre gemeenskap en die ontwerpbedryf getrap.

Bank Windhoek is die amptelike borg van die toekennings en die bank was nog altyd 'n prominente en aktiewe ondersteuner van Namibiese kuns en kunstenaars.

Die stigter van die literêre tyd­skrif Doek!, Rémy Ngamije, sê die beoordelaars en kunstenaars wil die toekennings 'n onvergeetlike gebeurtenis maak. Bank Windhoek se hoof van maatskaplike beleggings, borgskappe en geleenthede, Bronwyn Moody, het Ngamije se sentimente beaam. “Ons is baie opgewonde oor hierdie toekennings,” het sy gesê.



DIE TOEKENNINGS

Elke bekroonde literêre kunstenaar ontvang 'n kontantprys van N$5 000 wat deur Bank Windhoek geborg word.

Die wenners ontvang ook 'n unieke trofee wat deur 'n Namibiese kunstenaar geskep is.

Alle literêre kunstenaars op die lang- en kortlys en die finale wenners word aan unieke geleent­hede binne hul skeppingsvelde blootgestel. Sulke voordele kan boekpryse, verdere publikasie in uitgesoekte bloemlesings, optredes by literêre feeste, deelname aan kreatiewe werksessies, toegang tot mentorskapprogramme, uitstallings in plaaslike, nasionale en internasionale galerye, en kunsbeurse in Namibië en in die buiteland insluit.

Dié toekenningsgeleentheid word vanjaar vir die eerste keer in Namibië aangebied, en gee erkenning aan Namibiese skrywers wie se werk in Doek! Literary Magazine, die land se eerste en enigste literêre tydskrif, gepubliseer is. Dit vier die werk van vier Namibiërs – twee fiksie- en nie-fiksieskrywers, 'n digter en 'n visuele kunstenaar.

Die doel van die toekennings is om die gekose werke, skrywers, digters en visuele kunstenaars aan 'n wyer Namibiese en internasionale gehoor bloot te stel.



DIE PANEEL

Die beoordelaars het almal op hul eie unieke manier bygedra tot Doek! se sukses en publikasies. Hulle sal verseker die toekenningsproses voldoen aan internasionale standaarde en kreatiwiteit.

Boois is 'n interseksionele feminis met 'n professionele agtergrond in sielkundige berading. Sy het 'n honneursgraad in kliniese sielkunde aan die Universiteit van Namibië (Unam) verwerf en haar skryfwerk fokus onder meer op maatskaplike geregtigheidskwessies, geestesgesondheid en vroue- en menseregte. Haar werk het al in verskillende nasionale en internasionale publikasies verskyn. Haar debuutroman |Namgu's Escape Theory is in 2020 deur Unam Press vrygestel en was een van Brittle Paper se 50 mees noemenswaardige Afrikaboeke van 2020.

Kandemiri, wat 'n honneursgraad in Engels aan die Universiteit van Zimbabwe verwerf het, is passievol oor letterkunde. Sy het in 2018 haar meestersgraad in Engelse studies aan Unam cum laude geslaag, en het ook die Kanselier- en Visekanselierstoekennings ontvang. Haar PhD het ondersoek ingestel na hoe hedendaagse struikelblokke in Namibië voortspruit uit die Herero-Nama-volksmoord wat tussen 1904 en 1908 plaasgevind het. Sy het al konferensies bygewoon en haar gepubliseerde werk bestaan uit tydskrifartikels en hoofstukke in boeke.

Lubbe is 'n voormalige wiskunde-onderwyseres wat op Gobabis gebore is. Sy is 'n passievolle leser en 'n plaaslike en internasionale “literatuurkampioen”. Sy werk by die Book Den, waar sy 'n bekende gesig vir bibliofiele in die stad is.

Van Eeden is 'n bekroonde Namibiese fotograaf wie se ontwerp­loopbaan in Londen, Engeland, begin het. Ná 12 jaar in Londen het hy terug na Namibië verhuis en CreativeLAB, 'n fotografiestudio, op die been gebring. Van Eeden se werk was al op die kortlys vir die Cannes Lions-toekennings en het verskeie eerbewyse by One Eyeland Photography, die Epica-, Lucie- en die Loeries-toekennings verower.

Sinkala is 'n senior kunsdirekteur by Weathermen & Co, sowel as 'n digitale kunstenaar en illustreerder. As 'n Afrika-mitologie- en folklore-kunstenaar is hy passievol oor strokiesprente, animasie en karakterontwerp. Een van sy publikasies is SUMBU, 'n Namibiese onafhanklikheidsboek wat in 2018 die Beste Kinderboektoekenning op die Namibiese Kinderboekforum verower het. Hy was ook mede-outeur van Jahohora, 'n boek gebaseer op die gelyknamige roman deur Mari Serebrov. Jahohora is in Herero, Duits en Engels gepubliseer. Dit word op die Amazon- en ABC-webwerwe gelys.

Giersch is 'n bekroonde Namibiese juweliersontwerper. In 1997 was hy die eerste Namibiër wat die gesogte Southern African Shining Light Jewellery Award gewen het. Die kompetisie stel die beste diamantjuweliersontwerpers uit Suider-Afrika in staat om hul talente ten toon te stel. Sy Tameka-versameling is in Angola, Kuba, Finland en Duitsland uitgestal. In 1999 het Giersch die Plat Africa-toekenning vir die kreatiefste platinumontwerp ingepalm en in 2000 het hy 'n eervolle vermelding ontvang. Van sy noemenswaardige uitstallings het Giersch se werk op die 1998 Wêreldekspo, in die Nasionale Galery van Namibië(NAGN), en by die 2007 Finse modeweek en die 2011 Angolese modeweek verskyn. In 2006 en 2010 het Giersch die kroon van die Mej. Namibië-skoonheidskompetisie ontwerp.



DATUMS

2 Augustus 2021: Onthulling van die konsep en ontwerp van die Bank Windhoek Doek Literary Awards.

1 September 2021: Die kortlysname word bekend gemaak.

November 2021: Die Bank Windhoek Doek Literary Awards gala-dinee (die datum en venue sal later bekend gemaak word).

Soortgelyk

 

Forklifting failure

5 ure gelede |

Natasja ByleveldAre you OK thinking about unconventional ideas that could uplift society and norms to a higher standard? Do you like a challenge, or do...

Big thinker who is not afraid of taking risks

5 ure gelede | Mense

Contrasting with his considered, analytical, and steady approach to life, Rolf Mendelsohn is an undisputed adventurer. Together with the other founders of Paratus, Rolf...

'Polisiebeampte' pers dokter glo af

5 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Windhoekse dokter is glo afgedreig totdat hy N$30 000 opgedok het nadat hy na bewering deur ’n klaarblyklike polisiebeampte van die...

Miss Aston dra die kroon

5 ure gelede | In beeld

Cobus van der Merwe van St. Blaize Brahman & Sussex Studs gister by die Gobabis Skou saam met sy “Kampioen van kampioene”, Miss Aston 134-12....

Plaaslike skatte nou aanlyn ­beskikbaar

5 ure gelede | Kuns en vermaak

Kuns- en kunsvlytliefhebbers kan nou handgemaakte Namibiese produkte aanlyn via die nuwe Namibia Craft Shop-webwerf aanskaf. Dié platform sal as die aanlyn katalogus van die...

An easy ride-hailing platform

5 ure gelede |

Wetumwene Shikage The everyday experience for many Namibians of getting a taxi to from different locations has been made more convenient. TaxiConnect provides an easy...

A knack for things that are pleasing to the...

5 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Madeline Heyman, who trained as a fashion designer, has turned her many years of experience to interior design. She says...

Sacrifices worth making

5 ure gelede | Mense

Tunohole MungobaBorn in Windhoek, Leokadia Jacob is a finance administrative officer of Dolomite Camp, which is part of Namibia Wildlife Resorts (NWR).After completing her studies...

Verkiesingskommissie tel weer: Swapo wen steeds

5 ure gelede | Politiek

Augetto Graig – Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het gister die stembriewe van die streekraadsverkiesing vir die Ndonga Linena-kiesafdeling – wat op 25 November 2020...