Kollig-kalender

Yandi Du Plessis
ELKE WEEK:

*Elke Saterdag tussen 07:00 en 12:00 word die Bio-Markt/Green Market by die Stephanus-kerk in Dr. Kenneth Kaundastraat aangebied.

*Die weeklikse Inspirasiemark word elke Saterdag tussen 08:30 en 14:00 by die Ou Kragstasie-kompleks aangebied.

*Geniet elke Sondag koffie en koek by Farm Krumhuk. Dit kos N$80 vir volwassenes en sluit 2 stukke koek en “bottomless” koffie of tee in. Toegang vir kinders onder 6 is halfprys. Vir meer inligting, kontak 061 233 645. Besprekings is noodsaaklik vir groepe groter as 7 mense.

*Die Orca Coffee Bar bied een keer per maand ’n mark aan. Stalletjies kan teen N$50 gehuur word. Vir meer inligting, kontak Hennie Grobler by 081 229 0700. Toekomstige datums is 1 Mei, 5 Junie, 3 Julie, 7 Augustus, 4 September, 2 Oktober, 5 November en 4 Desember.

NOU AAN DIE GANG:

*Kunswerke wat vir die Bank Windhoek-triënnale ingeskryf is, kan tot 3 Julie by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) besigtig word.

VRYDAG 16 APRIL:

*One Accord Music Ghyss bied in samewerking met die Duitse ambassade ’n eksklusiewe Jazzkonsert by 16 Stauchstraat in Klein Windhoek (slegs vir diegene wat uitgenooi is) aan. Die konsert kan ook virtueel bygewoon word via die ambassade se Facebook-blad en dit begin om 19:00.

SATERDAG 17 APRIL:

*Het jy ’n passie vir kunsvlyt? Is jy lus om kreatief te wees? Wil jy graag nuwe DIY-idees aanpak? Sluit dan tot 17:00 aan by die Cosdef Arts & Crafts Centre op Swakopmund. Dit kos N$580 vir die hele dag, of N$220 per projek. Vir meer inligting, stuur ‘n WhatsApp na 081 147 2636 of 081 856 3124 of ’n e-pos na [email protected].

DINSDAG 20 APRIL

*DoConnect # 1 word by die Dololo DoBox in Windhoek aangebied. Tydens hierdie sessie sal Clemens von Doderer (Hanns Seidel-stigting) en Bernard Steven (OneEconomy Foundation) die onderwerp “Improving impact & sustainability in development work” bespreek. Slegs 25 sitplekke is beskikbaar en die sessie begin om 18:00.

WOENSDAG 21 APRIL:

*Die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) bied die Franco Comedy-rolprentfees aan. Die film Rebels word op dié dag vertoon. Sitplekke is weens Covid-regulasies beperk en vooraf besprekings is noodsaaklik. Kaartjies kan op eventbrite.com (Franco Comedy Film Festival) bespreek en by die deur betaal word. Kaartjies kos N$20 per persoon per rolprent.

VRYDAG 23 APRIL:

*Kry die beste “starter kit” vir entrepreneurs – basiese beginsels van tydsbestuur, produktiwiteit, verkope en kliëntediens. Die sessie word deur 99FM by die Vintage Coffee Shop aangebied, en Melanie Meiring sal die gasspreker wees. Dit begin om 12:00.

*Die Omaruru-boeremark vind vanaf 16:00 by die Platz Am Meer-winkelsentrum op Swakopmund plaas, met vars plaasprodukte wat te koop sal wees. Vir meer inligting, kontak 081 211 5135.

SATERDAG 24 APRIL:

* “Un’wine’d” en kuier vanaf 11:00 tot 14:00 by AQVA op Keetmanshoop, terwyl jy skilder en gesels oor die sakeklimaat en ander kwessies rondom die jeug van die dorp. Kaartjies beloop N$350, wat 'n skilderdoek, wyn en 'n verskeidenheid vingerhappies insluit. Vir inligting en kaartjies, kontak 081 836 8036.

DINSDAG 27 APRIL:

*As deel van die FNCC se Franco Comedy-rolprentfees, word die rolprent OSS 117: Lost in Rio vertoon. Sien 21 April vir details.

VRYDAG 30 APRIL:

*Die Bank Angling Development-geleentheid vind by die Hardapdam plaas met top Suid-Afrikaanse en Namibiese hengelaars wat hul kennis deel. Dit duur tot 4 Mei. Die registrasiekoste beloop N$50, terwyl verblyf, kos, drankies en visvanglisensies teen eie koste aangebied word. Vir enige navrae, kontak [email protected] of 081 421 0927.

SATERDAG 1 MEI:

*Windhoek se eie Boeremark word by die Windhoek-skougronde aangebied vanaf 08:00 tot 13:00, met baie vars produkte, varsgebak en ingelegde produkte, asook vermaak vir die kinders. Toegang is N$5 en gratis vir kinders en pensioenarisse.

*Die eerste Okahandja Automotive Festival vind plaas, met kosstalletjies en die beste spesiaal-vervaardigde voertuie in Namibië. Meer inligting sal binnekort beskikbaar wees. Kaartjies is vanaf N$100 op Webtickets beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!