Kofi Annan ter ruste gelu00ea
Kofi Annan ter ruste gelu00ea

Kofi Annan ter ruste gelê

Afrika-staatshoofde en wêreldleiers het gister die begrafnis van Kofi Annan, voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies en die Nobelpryswenner vir Vrede, in Ghana bygewoon.

Annan (80) is op 18 Augustus ná 'n kort siekte in Switserland oorlede. Sy oorskot het Maandag in Accra aangekom sodat hy in sy geboorteland begrawe kon word. Sy kis is in die landsvlag gedrapeer en hy het die afgelope week in staatsie gelê sodat die landsburgers hul laaste eer kon betoon.

Sowat 6 000 rouklaers het die begrafnisdiens bygewoon.

Antonio Guterres, huidige sekretaris-generaal van die VN, en die staatshoofde van Namibië, die Ivoorkus, Liberië en Niger, asook oud­presidente van Ghana, sowel as Kenia se opposisieleier, Raila Odinga, was teenwoordig.

Ander hooggeplaastes was onder andere prinses Beatrix, die voormalige koningin van Nederland, en haar skoondogter, prinses Mabel.

Annan het siek geword nadat hy die vierings van oudpres. Nelson Mandela se geboortedag in Julie in Suid-Afrika bygewoon het.

Hy is aanvanklik in Genéve behandel, maar is later na 'n hospitaal in Bern oorgeplaas.

Guterres het Annan, wat van 1997 tot 2006 die VN se sekretaris-generaal was, geloof as 'n uitsonderlike leier, wat diep in die beginsels van die VN as 'n bron van goedheid geglo het.

“Kofi Annan se nalatenskap sal ons altyd inspireer.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!