Koffieboon: Boeretroos op sy beste

13 July 2018 | Kuns en vermaak
Aanbieder Johrné van Huyssteen verstaan die behoefte aan ‘n goeie koppie boeretroos vroeg

soggens, maar kan hy die perfekte koppie koffie maak? Kom saam met hom en leer meer oor

Suid-Afrika se koffiekultuur.

Koffieboon is ’n splinternuwe kykNET-reeks aangebied deur Coffee Excellence, wat gaan oor

alles in Suid-Afrika wat iets met koffie te doen het.

Die drankie en die brou daarvan word van naderby beskou. Unieke koffiewinkels, kuiers by bobaas baristas en

geselsies met getroue verbruikers is op die spyskaart. Kom saam ons op reis deur Suid-

Afrika om meer te leer van hierdie eeue oue drankie se hart en siel.

Hoogtepunte in die reeks sluit die volgende in: Johrné proe spesiale koffie en smul aan ’n koffieburger by ’n skeppende koffiewinkel in die hartjie van Gauteng. Die span maak ’n draai in Soweto waar fotografie en koffie sinoniem met mekaar is en wys jou hoe horinkiekoffie (coffee in a cone) een van die wêreld se gunstelinge geword het. Koffiesjokolade is ook op die proelysie, gevolg deur ’n besoek aan ‘n omgewingsvriendelike koffiewinkel net buite Bloemfontein. Die span maak ook ’n draai by die tuinroete, proe aan ‘n koffiekoek en sien hoe koffiebone as kompos gebruik kan word. In die Kaap ontmoet die span inspirerende mense wat ‘n bestaan uit koffie maak, en as koffie nie jou koppie tee is nie, is daar ook ‘n teesakkie met jou naam op.

Coffee Excellence, die amptelike en trotse borg van Koffieboon, is voortdurend op soek na die

beste gehalte bone. Met hul wêreldklas roostertoerusting het hulle een doel voor oë – om 'n

perfek-geroosterde koppie koffie aan elke koffieliefhebber te bied en om aan 'n kenner se verwagtinge te voldoen. Hul wêreldberoemde Cup a Ground is die ideale oplossing vir al jou koffiebehoeftes. Hulle spesialiseer in huishoudelike, sowel as professionele koffiemasjiene, toerusting, toebehore en barista-opleiding. By Coffee Excellence is koffie ’n passie, kultuur en leefwyse – jy sal dit in elke koppie Coffee Excellence-koffie vind.

As jy gedink het jy weet baie van koffie, gaan Koffieboon jou twee keer laat dink.

Dis vars en met ekstra skop – nes die perfekte koppie boeretroos.

Soortgelyk

 

Air Namibia vra nóg miljarde

4 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman - Air Namibia se topbestuur sê dit sal tussen N$2,5 en N$3 miljard kos om winsgewend en selfstandiger te word.By ‘n voorlegging aan...

175 ton op 136 wiele

4 ure gelede | Energie

Twee vragmotors het gister met ’n NamPower-transformator van 175 ton daarop deur die hoofstad gery.Die vrag word deur vier voertuie begelei en is op pad...

'Elke dag is die beste van my lewe'

4 ure gelede | Mense

Tanja Bause - Sowat 18 jaar gelede het mnr. George Groenewald se lewe ná ’n motorongeluk handomkeer verander. Ná die ongeluk is hy meegedeel dat...

Weer vir 20 September 2018

4 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal dit baie warm wees, maar bloedig warm in...

Swakopmunder skuldig aan seksdade

4 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n 42-jarige man van Swakopmund is die afgelope week op vyf klagte van kinderhandel en vyf alternatiewe klagte van onwelvoeglike dade met...

Prins William kom kuier

4 ure gelede | Gebeure

Francoise Steynberg - Prins William gaan Maandag vir die eerste keer amptelik in Namibië kom kuier ná sy rooikop broer, Harry, die land al 'n...

Interpol-bal aan die rol vir Rooies

4 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) en Interpol span tans kragte saam om ’n oudlanddros terug in Namibië te kry.Adj.komm. Immanuel Sam, Namibië se plaaslike...

‘Goue gonsers’ verower die kus

4 ure gelede | Kuns en vermaak

Leandrea Louw - Walvisbaai Privaat Hoërskool (WBPHS) was vanjaar die gasheer vir die derde, jaarlikse Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees. Dit was inderdaad ’n fees...

NSFAF vorder skuld liewer self in

4 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig - Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het op 14 September ’n ooreenkoms beëindig wat hulle met Tribesmen en die Suid-Afrikaanse New...