Koel af in Olympia-swembad
Windhoekers kan weer welkome lafenis teen die hitte in koel water vind, want Olympia se openbare swembad is weer oop. Die swembad was oor die wintermaande gesluit en roetine-instandhouding is gedoen. Spuitpunte vir 12 filters moes uit Duitsland bestel word. Dié bestelling is in Augustus geplaas en die nuwe spuitpunte is reeds geïnstalleer. Die swembad is weeksdae van 10:00 tot 18:00 en oor naweke van 10:00 tot 19:00 oop. Toegang is N$8 vir volwassenes en N$5 vir kinders.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie