Koekeloerder wil veiligheid op kusroete verbeter

’n Nuwe multimiljoendollar verkeersbestuurstelsel wat langs die B2-pad in Erongo opgerig is, sal na verwagting Namibië se kommerwekkende padveiligheidstatus verbeter.
Yandi Du Plessis
Adam Hartman op Swakopmund

Die eerste fase van ’n N$128 miljoen-verkeersbestuurstelsel langs die B2-hoofweg in Erongo is verlede Maandag by Arandis ingewy.

Die hoop is dat dié nuwe stelsel sal help om Namibië se status as die land met die hoogste padongeluksyfer in Afrika, te verbeter.

Die Arandis Emergency Response and Traffic Management Centre (AERTMC) is namens die adjunk- eerste minister, me. Netumbi Nandi-Ndaitwa deur die minister in die presidensie, me. Christine //Hoebes, ingewy.

“Weens die honderde lewens wat ons jaarliks – ten spyte van ons klein bevolking – aanhou verloor, is Namibië se padveiligheidsprestasie ’n bekommernis vir beide die regering en die padgebruikers.”

Sy het bygevoeg die jongste syfers toon dat Namibië gemiddeld 700 mense per jaar aan padongelukke verloor. “Dis 'n dodetal wat die land en die ekonomie nie kan bekostig nie.”

Die aanvanklike fase van die stelsel behels die plasing van vyf pale, elk met tweerigtingkameras, langs 50 km pad oos en wes van Arandis. Hierdie gedeelte is geïdentifiseer as een van die land se ongeluk-episentrums.

Mnr. Bazil Calogero, die bedryfsbestuurder van AERTMC, het gesê die kameras en hul meegaande sensors word gebruik om spoed en bestuurders se algemene gedrag te monitor.

“Die kameras kan ook die voertuig se registrasienommer identifiseer en dit by die eienaar van die voertuig plaas. Dit help met identifikasie en wetstoepassing.”

Verskeie ongelukke is reeds deur die kameras vasgevang, en kan gevolglik noodhulp- en wetstoepassingseenhede se reaksietye versnel.

Daar is ook elektroniese padtekens wat motoriste oor hul spoed inlig en waarsku om op te let na hul gedrag. Hierdie tekens maak motoriste ook onder meer bewus van pad- en weerstoestande en waarsku van ongelukke op die pad vorentoe.

“Ek het aan soortgelyke projekte in Suid-Afrika gewerk en sodra hierdie stelsels in plek is, het ons ‘n onmiddellike afname in ongelukke opgemerk. Dit help regtig, so ons is optimisties oor die uitkoms van hierdie stelsel,” het Calogero gesê.

Die kameras en borde is gekoppel aan ‘n beheersentrum by die Arandis-afdraai. Hierdie sentrum is op ‘n 24/7-basis met verskeie nooddiens- en wetstoepassingsagentskappe verbind. Die huidige sentrum sal deur ‘n permanente struktuur vervang word – wat ook ‘n brandweerstasie en ander nooddiensvoertuie sal insluit.

AERTMC is die inisiatief van ‘n konsortium wat bestaan uit die Nasionale Padveiligheidsraad (NRSC), die Arandis-dorpsraad en die Erongo-streekraad.

Die idee is baie jare gelede gebore as deel van die dorp se poging om die streek se noodreaksiespilpunt te word.

Die stelsel vorm deel van Namibië se tweede Dekade van Aksie vir Padveiligheid-strategie vir die tydperk 2021 tot 2030, wat in Maart deur die kabinet goedgekeur is. Hierdie strategie het spesifieke verantwoordelikhede aan verskeie rolspelers en instellings toegewys.

Mnr. Neville Andre, die goewerneur van die Erongostreek, het gesê die bekendstelling van die sentrum kom op die regte tyd met die Desembervakansie wat op dreef is en die verkeer na en van die kus wat toeneem.

“Padgebruikers moet verantwoordelik optree. Die wat dit nie doen nie, moet weet hulle sal gevang word. Jy kan nie weghardloop nie – ons kan jou sien. Hou by die reëls of jy sal in die tronk beland,” het hy gewaarsku. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 198.29/OZ UP +0.34% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 440.90/T DOWN -0.64% | Brent Crude Oil US$ 86.57/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 895.17/OZ UP +0.03% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 198.29/OZ UP +0.34% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 440.90/T DOWN -0.64% | Brent Crude Oil US$ 86.57/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 895.17/OZ UP +0.03%