Koeberg-studie u2018uitgebrei na steenkool-kragstasiesu2019
Koeberg-studie u2018uitgebrei na steenkool-kragstasiesu2019

Koeberg-studie ‘uitgebrei na steenkool-kragstasies’

Die onafhanklike studie wat die ouditgroep KPMG oor die ekonomiese impak van die Koeberg-kernkragstasie gedoen het, sal ook na van die steenkoolkragstasies in Mpumalanga uitgebrei word, sê Matshela Koko, tussentydse uitvoerende hoof van Eskom.
Estelle de Bruyn
Eskom het vroeër aangedui dat vier van die steenkoolkragstasies gaan vroeër as aanvanklik beplan gesluit word.

Die sluiting van die kragstasies kan egter minstens 6 000 regstreekse werkgeleenthede bedreig.

Die uitvoerende hoof van Eskom, Matshela Koko, sê die Eskom-direksie het in April verlede jaar besluit om die leeftyd van kragstasies van 50 jaar tot 60 jaar te verleng op grond van die ekonomiese impak. Die Koeberg-kernkragstasie se verwagte bedryfsleeftyd is dus ook verleng tot 60 jaar.

Die vier steenkoolkragstasies gaan egter vroeër gesluit word, volgens Eskom weens die groter toetrede van hernieubare-energieprojekte.

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, sê “ons kan nie bekostig om enige werkgeleenthede te verloor nie”. Sy steun dus ook ’n studie oor die ekonomiese impak van die kragstasies in Mpumalanga.

Studie nie gedoen te bate van kernkrag

Brown sê die studie oor Koeberg is nie bedoel om enigiemand se mening oor kernkrag te probeer swaai nie, maar is ’n stuk gereedskap om by te dra tot hoe Suid-Afrika se energiemengsel moet lyk.

Die studie wys Koeberg lewer 5,6% van die elektrisiteit wat in Suid-Afrika gebruik word, en sowat 50% van al die elektrisiteit wat die Wes-Kaap gebruik.

Tussen 2013 en 2016 het Koeberg R30,2 miljard tot die Wes-Kaapse ekonomie bygedra en R23,1 miljard tot die res van die land s’n.

Die verwagting is dat die kragstasie vanaf die 2017-boekjaar tot die 2020-boekjaar R29,3 miljard tot die Wes-Kaapse ekonomie sal bydra en R23,3 miljard tot die res van die land se ekonomie.

Van 2016 tot 2020 kan Koeberg 2 300 regstreekse werkgeleenthede per jaar onderhou en 42 000 onregstreekse werkgeleenthede.

Lullu Krugel, senior ekonoom van KPMG, sê die studie wys elke R1 se nuwe belegging by Koeberg dra ’n potensiële R1,20 tot die ekonomie by, waarvan 70c na die Wes-Kaap gaan.

Vier werkgeleenthede word geskep deur elke R1 miljoen wat by Koeberg belê word, waarvan drie in die Wes-Kaap en een in die res van die land. Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!