Koebaai, kragonderbrekings

'Sal beleggers lok'

02 July 2018 | Energie
ont face="Verdana" >

Ten einde Otavi te help om sy strategiese, ekonomiese plan uit te voer, het Ohorongo Cement grond beskikbaar gestel vir die oprig van ’n substasie langs sy sementvervaardigingsaanleg – sonder enige koste vir NamPower.

Deur dié substasie het CenoRed ’n 40 km lange, 33 kV- oorhoofse kabel van die Sargberg-substasie af gebou om Otavi van bykomende krag te voorsien.

Ohorongo Cement se besturende direkteur, mnr. Hans-Wilhelm Schütte, het gesê: “Otavi het die potensiaal om ’n logistieke, toerisme- en landbounaaf te wees, maar dit word in die wiele gery weens aanhoudende kragonderbrekings wat deur onvoldoende kragtoevoer veroorsaak word.”

Ter voorbereiding het Ohorongo tydens die konstruksie van die sementaanleg in 2008 die oprigting van ’n 132 kV-hoëspanningskraglyn van die Otjikoto-substasie af met N$220 miljoen gefinansier.

“Kragonderbrekings het negatiewe gevolge vir besighede, maar danksy die beskikbare grond kan die kragverskaffer nou ononderbroke elektrisiteit voorsien. Ons glo dit het ’n verreikende, positiewe impak op die lewenstandaard van Otavi se inwoners,” het Schütte gesê.

Met die nuwe kraglyn wat CenoRed onlangs in gebruik geneem het, is Schütte daarvan oortuig betroubare krag sal meer beleggers na die dorp met sy 5 000 inwoners lok. Hy sê dit sal ’n blywende oplossing bied om die hoë vlakke van armoede in die dorp te bekamp.

Deur middel van die Ohorongo Otavi Community Trust (OOCT) het die maatskappy al verskeie bydraes gelewer tot inisiatiewe gemik op ontwikkeling en armoedeverligting op die dorp.

“Saam met ons vennote het ons die Otavi-kliniek opgeknap, en dit met addisionele mediese toerusting en ’n ambulans toegerus. Ons rehabiliteer ook tans sportgeriewe op die dorp,” het Schütte gesê.

Voorts is daar die Ohorongo-werknemersbehuisingskema, waarvoor die Otavi-dorpsraad 30 erwe vir die bou van huise vir die maatskappy se personeel toegeken het. Die maatskappy het ook N$9 miljoen beskikbaar gemaak vir die aankoop van grond en sement geskenk vir die bou van werkershuise. Dit het gevolg ná die werkersunie se onderhandelinge in 2016 vir bystand ten opsigte van eiendomsbesit vir werknemers.

Soortgelyk

 

Man dood ná hy aan die brand gesteek is

10 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Man is gisternamiddag in die Katutura-hospitaal dood nadat hy vroeër dié dag vermoedelik aan die brand gesteek is.Komm. Silvanus Nghishidimbwa, die...

Cheetah Cement is hier om te bly

21 ure gelede | Byvoegsels

Augetto Graig - Sedert produksie in April begin het, is dit baie bedrywig by die nuwe Cheetah Cement-aanleg net 3,5 km buite Otjiwarongo. Die aanleg...

Miljoene se verliese in twee brande

21 ure gelede | Ongelukke

Tanja BauseTeen druktyd gister was dit nog onbekend wat presies die brande veroorsaak het wat tot reuseskade vir twee Namibiese ondernemings gelei het.Seapride Foods in...

Geingob besoek Guinee, Kanada

21 ure gelede | Regering

Ronelle RademeyerPres. Hage Geingob het Donder­dag 'n werksbesoek aan Guinee gebring waar hy met pres. Alpha Condé vergader het voordat hy Vrydag in Ottawa, Kanada,...

Versekeraars wen tussenstryd

21 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh – Plaaslike versekeringsmaatskappye sal nié gedwing word om herversekering by NamibRe uit te neem nie - tot die hof kan beslis oor...

Agri Kollege wys leerlingraad aan

21 ure gelede | Byvoegsels

Die 2019-leerlingraad van Grootfontein Agri Kollege is onlangs gekies. Volgens mnr. Mr Henk Botha, hoof van dié privaat skool wat in 2011 gestig is, voed...

Kom besoek die driehoek

21 ure gelede | Byvoegsels

Het jy al van die Hoba-meteoriet, die Ghaub-grot en die Ombili San-stigting gehoor? Het jy al die prag van die Otjikoto-meer gesien of die museums...

Mutorwa vergader met TransNamib-raad oor onmin

21 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - ‘n Lank uitstaande vergadering belê deur die minister van werke en vervoer is gehou om onder meer die beweerde nie-samewerking en ontwrigtende...

NSFAF: Invorderaar kap terug

21 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig – Die besturende direkteur van Tribesmen Revenue Solutions, mnr. Solomon Nemaire, sê hy is “verlig” om van die “doodloopkontrak” met die Finansiële Hulpfonds...