Koebaai, Bob

Die strate van Harare het Saterdag gewemel van duisende mense wat vreedsaam hul verwerping van die Mugabe-diktatuur getoon en sy bedan­king geëis het.
Ronelle Rademeyer
Poltieke redaksie



Pres. Robert Mugabe van Zimbab­we is gistermiddag as leier van die regerende Zanu-PF-party afgedank en mnr. Emmerson ­Mnangagwa, sy adjunk, wat hy onlangs in die pad gesteek het, is in sy plek aangestel.

Die 93-jarige klou egter nog verbete aan sy grotendeels magtelose pos vas.

Die regerende Zanu-PF party se sentrale komitee het gister op aandrang van provinsiale takke vergader om Mugabe as leier af te dank en om die ongewilde en magshonger eerste dame, Grace Mugabe, uit die party te skors.

Teen druktyd was dit nog nie bekend wat die uitslag was van 'n vergadering gister by die sogenaamde “Blou Dak”, oftewel die presidensiële paleis, tussen Mugabe en weermagoffisiere wat hom onder huisarres geplaas het en beheer oor die staatsuitsaaier oorgeneem het nie.

Politieke kommentators en nuusagentskappe sê dit is waarskynlik dat die afgedankte voormalige visepresident, Mnangagwa, 'n nuwe regering sal lei. Dis sy afdanking deur Mugabe vroeër dié maand wat die vonk in die huidige Zimbabwiese kruitvat was. Was dit nie vir die weermag se ingryping nie, was die kanse goed dat Grace Mugabe by haar bejaarde man as staatshoof kon oorneem.



staat van beskuldiging

Wanneer die parlement Dinsdag sy sitting hervat, sal “beslis met 'n proses begin word om Mugabe in 'n staat van beskuldiging te plaas”, het die opposisie se hoofsweep gesê.

Mnr. Innocent Gonese van die MDC-T-party sê hulle is in gesprek met Zanu-PF om gesamentlik op te tree.

“As Mugabe nie teen Dinsdag weg is nie, is dit so seker soos die son in die Ooste opkom, dat die proses in werking sal tree,” het Gonese gesê.

Mugabe se gesprek met die weermagbevelvoerder, genl. Constantino Chiwenga, sal die tweede ronde van onderhandelinge wees om hom te oortuig om self uit te tree en aantygings dat die weermag 'n staatsgreep uitgevoer het, nek in te slaan.

Besonderhede oor die onderhandelinge is skraps, maar die weermag is oënskynlik ten gunste van 'n vrywillige bedanking deur Mugabe, om minstens 'n beeld van wetlikheid in die politieke transformasie te behou. Na verwagting sal Mugabe in ruil hiervoor beskerming van hom en sy familie en vrywaring van moontlike vervolging aangebied word.

Zanu-PF hou volgende maand sy kongres en algemene verkiesings is vir 2018 geskeduleer.

Sondag se onderhandelinge het sonder 'n afvaardiging van Suid-Afrika, wat tydens die eerste ronde teenwoordig was, plaasgevind. Suid-Afrika se pres. Jacob Zuma het Saterdag gesê dis “vroeg in die dag” vir onderhandelinge.

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het verlede Donderdag in Gaborone, Botswana, vergader om die situasie in Zimbabwe te bespreek. 'n Beroep is gedoen om die situasie vreedsaam te ontlont. Daar is ook besluit om 'n verdere vergadering Dinsdag in die Angolese hoofstad, Luanda, te hou en verder aandag aan die situasie aandag te skenk.



Internasionale gemeenskap

Die internasionale gemeenskap hou die situasie ook fyn dop.

In Parys het die hoof van die Afrika-unie, pres. Alpha Conde van Guinee, Donderdag gewaarsku die vasteland sal nie 'n militêre staatsgreep in Zimbabwe duld nie en 'n beroep vir 'n terugkeer na “grondwetlike orde” gedoen.

“(Probleme) moet deur Zanu-PF polities opgelos word en sonder die inmenging van die weermag,” het Conde gesê.

In die Ivoorkus het pres. Alassane Ouattara Vrydag Mugabe se rol in die stryd teen kolonialisme geprys en bygevoeg: “Hy was die onderwerp van respek en selfs bewondering vir baie Afrikane en jong Afrikane. Maar die wêreld het verander.

“Duidelik, gegewe sy ouderdom en die lang tyd wat hy die pos beklee het, is almal bewus daarvan dat die tyd aangebreek het vir hom om die mag aan 'n nuwe generasie te oorhandig.”

Zimbabwiërs wat in Namibië woon, het Saterdag 'n optog na dié land se hoëkommissariaat in Windhoek gehou.

'n Petisie is oorhandig met die versoek dat Mugabe afstand doen van sy posisie as staatshoof. Verder is versoek dat die SADC, die Afrika-unie en die Verenigde Nasies nie inmeng in die binnelandse politiek nie en Zimbabwe toelaat “om sy eie probleme op te los”.

Die meeste van Harare se 1,6 miljoen inwoners het ook Saterdag die strate ingevaar, met die groen lig van die weermag, en teen Mugabe se bewind betoog en sy bedanking geëis. Tonele is gesien wat dae vantevore streng polisie-optrede sou uitlok.

Van die betogers het op die tenks wat die strate gepatrolleer het, geklim en selfies saam met soldate geneem.

Die euforie kom ná jare wat die eens vooruitstrewende land in armoede en chaos verval het met 'n ekonomie wat in duie gestort het, vryheid van spraak wat 'n nekslag toegedien is, verkiesings wat met dispute gepaard gegaan het en internasionale sanksies.

- Nampa/AFP/AP/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End | Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End | Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.19 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.02 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.49 | USD to KES 131 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72999.63 Down -2.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1520.5 Down -2.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13362.33 Down -0.08% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29400.84 Down -0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.13/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.28/lb DOWN -0.0162 | Zinc US$ 2 778.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 90.45/BBP DOWN -0.0031 | Platinum US$ 958.02/OZ DOWN -0.0146 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End | Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End | Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Weather: Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.19 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.02 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.49 | USD to KES 131 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72999.63 Down -2.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1520.5 Down -2.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13362.33 Down -0.08% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29400.84 Down -0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.13/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.28/lb DOWN -0.0162 | Zinc US$ 2 778.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 90.45/BBP DOWN -0.0031 | Platinum US$ 958.02/OZ DOWN -0.0146