Koebaai, Avihe

Honderde mense het die afgelope naweek die land se bekendste negejarige se begrafnis bygewoon.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die presidentsvrou, me. Monica Geingos, sê mans wat nie oor hul gevoelens praat nie en dit inhou, is soos ’n vulkaan.

Dié vulkaan sal in ’n stadium ontplof en grootskaalse vernietiging saai, waarsku sy.

Geingos was een van honderde roubeklaers wat Saterdag Avihe Cheryl Ujaha (9) se begrafnis in Windhoek bygewoon het.

Sy sê die tragedie rondom Avihe se dood het haar diep getref.

Volgens haar sal Avihe se moordenaar(s) geregtigheid kry al word niemand vasgetrek nie. “En ons sal genade ontvang of ons dit verdien of nie.”

Die land is sowat twee weke gelede tot in sy fondamente geskud deur die nuus dat ’n erg verminkte lykie in ’n rivierloop in die hoofstad ontdek is.

Pastoor Seth Kaimu het die lykie as dié van sy kleindogter uitgeken.

Avihe het twee dae vantevore – op Sondag 26 Augustus – van haar huis in Katutura verdwyn.

Geingos het gesê die wrede aard van Avihe se dood en die feit dat van haar liggaamsdele steeds soek is, het aanleiding gegee tot “fluisterings van ’n rituele moord. Maar ons is nie hier om te bespiegel nie.”

Sy sê Avihe het nie verniet gesterf nie. “In ’n wêreld vol haat het Avihe ons geleer om lief te hê.”

Hiernaas, het sy in ’n stampvol kerk gesê, help die meisietjie se dood Namibiërs om opnuut te leer vergewe te midde van baie bitterheid. “Dít is die genade van die Here. In sy wese is genade vergifnis.”

Sy sê die “onnoembare toestand” van Avihe se geskende lykie “is ’n weerspieëling van ons samelewing. Dit is ons wat gebroke is. Dit is ons wat ons families opgekap het.”

Namibiërs se ingesteldheid is verstrooid en morele waardes ontbreek, sê sy. “Avihe se moordenaar is só verblind deur die bose dat hy nie kon sien deur hoeveel genade sy omring is nie. Hoe sou hy kon weet dat sy dade dié land tot eenheid sou skok?”

In dieselfde asem, het Geingos gesê, sou Avihe se moordenaar(s) nie geweet het dié daad sou gevangenes in trane hê nie.

'OUPA WYS LEIERSKAP'

Geingos het gesê pastoor Kaimu het die land gewys hoe lyk leierskap.

Dít het hy gedoen deur “ons te herinner aan die Here se genade en die belangrikheid daarvan om ander te vergewe soos ons vergewe is,” het sy gesê.

Geingos sê sy was verheug om volwasse mans in die openbaar te sien huil. “Ons het vir té lank ons seuns en mans geleer om nie te huil of oor hul gevoelens te praat nie." Dít is ’n tydbom, sê sy. “Eendag sal daardie vulkaan oorkook en grootskaalse vernietiging veroorsaak.”

Sy sê sy was veral beïndruk met hoe mnr. Isak Ujaha, Avihe se pa, kontak behou het met sy kind hoewel hy in Engeland woon.

Daar is mans wat in Windhoek woon en nie eens met hulle kinders – wat ook hier bly – in verbinding is nie, het sy gesê. “Vaderloosheid sal hierdie land doodmaak.”

Pastoor Kaimu het die afgelope naweek by die graffie in die Gammams-begraafplaas gesê Avihe se ma, me. Sylvia Kaimu, het haar Saterdae na haar grootouers toe gebring sodat sy Sondae met hulle kerk toe kon gaan.

Sy het tussen haar oupa en ouma, me. Nonnie Kaimu, gesit en nooit tydens ’n kerkdiens buite met ander kinders gaan speel nie, het hy onthou.

Volgens hom is hy dankbaar vir die geleentheid wat haar dood oor sy pad laat kom het om die boodskap van vergifnis aan ’n reuseskare oor te dra.

Hy sê hy wil hê die moordenaar moet na hom toe gebring word sodra die polisie hom aankeer. “Ek wil vir hom die liefde van God wys. Die Bybel sê ons het almal gesondig en wegbeweeg van Hom af. Die genade van God is daar om ons vry te stel.”

Hy het uitgevaar teenoor diegene wat eis dat die doodstraf weer ingestel moet word. “Ons is verkeerd as ons dink die doodstraf moet teruggebring word. Kom ons vergewe asseblief, liewe mense.”

Adj.komm. Abner Agas, die koördineerder van misdaadondersoeke in die Khomasstreek, het die afgelope naweek gesê niemand is nog weens die grumoord aangekeer nie.

Die nasionale polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het laat verlede week die sakegemeenskap bedank vir hul hulp in die ondersoek.

Ohlthaver & List het by monde van sy voorsitter, mnr. Sven Thieme, het ’n skenking van N$100 000 aangekondig.

Dié geld sal gedeeltelik aangewend word om die huidige polisiebeloning van N$30 000 aan te vul en ook bydra tot ’n pas gestigte fonds om met soortgelyke ondersoeke in die toekoms te help.

Die polisie is onder skoot omdat hulle glo nie dadelik nadat Avihe se verdwyning rugbaar geword het na haar begin soek het nie.

OPTOG

Vrydagoggend het ’n groep mense in Windhoek teen toenemende geweld teen vroue en kinders betoog.

Hulle het 'n optog gehou van die gesinswoning in Katutura af tot by die jeugsentrum in dié buurt, waar hulle 'n klagskrif oorhandig het aan die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.34 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 372.83/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.64% | Zinc US$ 2 808.90/T DOWN -0.43% | Brent Crude Oil US$ 87.20/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 942.38/OZ UP +0.25% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.34 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 372.83/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.64% | Zinc US$ 2 808.90/T DOWN -0.43% | Brent Crude Oil US$ 87.20/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 942.38/OZ UP +0.25%