Knights wen eensydige finaal

13 August 2019 | Sport
Otis Finck - Die span van PPS Knights het Sondag in Walvisbaai die Spur-span met 70 lopies in die eindstryd om die 2019 T20-kuskrieketligatitel geklop.

Die Knights het gedurende die kompetisie 'n gemiddelde kolftelling van 174 lopies gehandhaaf wat aan hulle die eerste posisie op die puntelys besorg het om vir die eindstryd teen Spur te kwalifiseer. Spur het op sy beurt die Fuel Pump Repair Warriors, die verdedigende kampioen, in 'n uitspeelwedstryd uitgeskakel.

Nadat die Knights die loot gewen het, het hulle verkies om eerste te kolf en het ná hul toegelate 20 beurte met 191 lopies vir die verlies van net vier paaltjies op die telbord gespog.

Gerhard Lottering het met sy 51 lopies van 39 balle (twee viere, drie sesse) het 'n lywige bydrae gelewer voor hy met 'n besering moes uittree. Matthew de Gouveia het self met die kolf gekook om 'n blitsige 39 lopies van 27 balle te moker, wat drie sesse en twee viere ingesluit het.

Vir Spur het Gideon Kock twee paaltjies vir 21 lopies in sy drie boulbeurte geneem.

Spur kon net met 121 lopies vir die verlies van agt kolwers in sy toegelate 20 boulbeurte antwoord. Esau Heyns was sy span se beste kolwer met 21 van 26 aflewerings, wat een vier en een ses ingesluit het. John-Erich Thierauch (4 boulbeurte) en Lottering (3 bb) het onderskeidelik 2/14 en 3/31 met die bal vir Spur geneem.

Me. Nolene Winborn, administrateur van die Junior Coastal Cricket Academy (JCCA) en hoof van die organiserende komitee, was tevrede met die verloop van die kompetisie. Die toernooi het 6 763 lopies asook 346 sesse en 402 viere opgelewer. Altesaam 230 paaltjies is laat kantel.

Soortgelyk

 

Geingob: Kabinet sien mense se woede oor kurrupsie

2 dae gelede | Regering

Pres. Hage Geingob het vanoggend vanjaar se die laaste kabinetsvergadering gelei.Hy sê die land se topleierskap is bewus van die huidige korrupsiestorm in die visbedryf,...

Von Bach, Daan Viljoen kry water

2 dae gelede | Omgewing

Die Von Bachdam is nou 2,5% voller as Maandag. Teen 09:00 vanoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde binnegevloei. NamWater het pas ’n...

NHE to build houses in informal settlement

2 dae gelede | Infrastruktuur

The National Housing Enterprise (NHE) has embarked on a pilot study for the construction of houses for qualified land owners living in informal settlements.Speaking at...

Crafting a future

2 dae gelede | Mense

Elizabeth JosephFrancois Wahl studied B.Acc at Stellenbosch University and is a qualified chartered accountant. Since taking the seat as the CEO of Nictus Furnishers, he...

Oordragplanne van Hatuikulipi’s gefnuik

2 dae gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het gistermiddag by die aktekantoor in Windhoek beslag gelê op dokumente vir die oordrag van 15 deeltiteleenhede op Swakopmund...

Waarskuwing: Swaar storms tot Saterdag

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl ’n vrou van Otjiwarongo Woensdag gesterf het toe reënwater haar meegesleur het, waarsku die Namibiese weerkantoor nog swaar storms kan tot...

Highly mechanised

2 dae gelede | Mense

Justicia Shipena Vivacious Marco Swart is a mechanical technician in the packaging engineering department at Namibia Breweries Limited (NBL) - a subsidiary of the Ohlthaver...

Compassion is the new fashion

2 dae gelede | Mense

Evany van WykMarizelle Pienaar lives by the motto, “the more you have to do, the more you get done.” She believes in being a balanced...

Never say never

2 dae gelede | Mense

Mariselle StofbergHester Uushona is a firm believer that being average in life is not an option. She strives towards making her mark while providing others...