Klubskuif vir Van Lill in Frankryk

'n Afskeid word binnekort verwag by Bayonne, waar hy sedert 2015 gekontrakteer was.
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Pieter-Jan van Lill is tans met sy Franse klub Aviron Bayonnais (ook bekend as Bayonne) in onderhandelinge gewikkel om die Namibiese voorspeler se skuif na 'n nuwe klub af te handel.

Van Lill (36) word die afgelope dae in die Franse rugbymedia verbind met 'n skuif na Valence-Romans Drôme Rugby, wat tot nou in die tweede vlak van Frankryk se beroepsligas (Pro D2) meegeding het.

In die pas afgelope seisoen het Valence-Romans egter aan die onderpunt van die 16 spanne geëindig (drie gewen uit 22 wedstryde) en sal dus in die nuwe seisoen na die derde vlak (Fédérale 1) gerelegeer word.

Van Lill het verlede maand aan Republikein gesê hy wil nog een seisoen as beroepspeler in Frankryk speel voordat hy en sy gesin na Namibië terugkeer. Hy het gister onderneem om die koerant se vrae te beantwoord sodra al die formaliteite met sy genoemde nuwe klub afgehandel is.

Die Namibiese veteraan agtsteman en slot speel reeds sedert 2015 by Bayonne, maar sy kontrak het ten einde geloop.

Gedurende sy tyd by die ligbloues het die klub in beide Pro D2 meegeding én bevordering na die Top 14 verwerf, waar hulle die afgelope seisoen elfde uit 14 spanne klaargemaak het voordat die coronavirus alles voortydig tot stilstand gedwing het.

In die Bayonne-trui het Van Lill altesame 90 wedstryde in die Pro D2-liga gespeel en 25 keer terwyl hulle in die Top 14 meegeding het. Hy was ook in vyf wedstryde van die klub se aanslag op die Europese Uitdaagbeker betrokke. Voor Bayonne het hy ook een seisoen elk vir Dax en Aurillac gespeel.

Die gebore Keetmanshoper en gekwalifiseerde tandarts se ondervinding van topklas rugby behoort dus 'n aanwins te wees wanneer hy by sy nuwe Franse klub aansluit. Van Lill (117 kg, 1.93 meter) is 'n vaardige lynstaanspeler en bekend as 'n sterk baldraer wat aan enige span voorwaartse momentum kan verskaf.

Valence-Romans het glo reeds sy planne vir die nuwe seisoen begin smee deur die aanwinste van Jody Jenneker (Suid-Afrikaanse haker van die Top 14-klub Castres), Akuila Tabualevu (Fidjiaanse senter van die Pro D2-klub Rouen), Dug Codjo (Franse vleuel van Oyonnax) en Segundo Tuculet (Argentynse sewesspeler en veelsydige agterspeler van Ealing Trailfinders in Engeland) te verseker.

VYFTIG-KLUB

Hoewel Van Lill by verlede jaar se Wêreldbeker in Japan deur 'n beenbesering gepla was, het hy nietemin teen Italië en Nieu-Seeland sy toetsverskynings nommer 50 en 51 vir sy land gemaak.

Op die nasionale rekordlys vir die meeste toetse is hy vierde, ná Eugene Jantjies (70), Chrysander Botha (55) en Tinus du Plessis (52), gevolg deur Darryl de la Harpe (50) en Johnny Redelinghuys (49).

Hy was in elf toetse die Namibiese kaptein (sewe gewen, vier verloor) en het sewe drieë gedruk.

In die proses het hy verlede jaar ook aangesluit by die uitsoekgroepie spelers wat in drie Wêreldbekertoernooie vir Namibië gespeel het. Dit kon inderdaad vier keer gewees het, indien 'n ontydige besering aan sy knieligamente en eksamenverpligtinge nie verhinder het dat hy vir die 2007 Frankryk-toernooi oorweeg kon word nie nadat hy die vorige jaar sy toetsdebuut teen Kenia in Nairobi gemaak het.

Sy ouboet Jurgens, ook 'n agtsteman, het in elf toetse gespeel en was lid van die 2003 Wêreldbeker-span na Australië.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 131.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.24/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.81% | Zinc US$ 2 836.10/T UP 0.54% | Brent Crude Oil US$ 86.57/BBP DOWN -0.013 | Platinum US$ 939.95/OZ DOWN 0 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 131.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.24/OZ UP +0.65% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.81% | Zinc US$ 2 836.10/T UP 0.54% | Brent Crude Oil US$ 86.57/BBP DOWN -0.013 | Platinum US$ 939.95/OZ DOWN 0