Klok lui vir Letshego op NSX
Die notering van Letshego Holdings Namibia (LHN) gaan die kapitaalmark in die land verdiep en die diversifisering van die plaaslike banksektor ‘n hupstoot gee, het die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, vanoggend gesê.
LHN het vroegoggend amptelik op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) genoteer. Dit het gister reeds verhandel en die dag op N$4,05 per aandeel geëindig.
Met die notering van LHN is daar nou nege maatskappye op die plaaslike indeks van die NSX.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie