Kliniek in Gaboen hou baba toe ma nie kon betaal
Kliniek in Gaboen hou baba toe ma nie kon betaal

Kliniek in Gaboen hou baba toe ma nie kon betaal

’n Ma wat vyf maande gelede ’n baba gekry het en toe nie die hospitaalrekening kon betaal nie, is uiteindelik met haar baba herenig nadat ’n hospitaal in Gaboen die kind daar gehou het.

Die Europese netwerk, TV5Monde, het verlede week berig oor hoe die private kliniek op baba Angel “beslag gelê het” nadat Sonia Okome, die ma, nie die rekening van sowat 2 miljoen Sentraal-Afrikaanse CFA-frank (R43 000) kon betaal vir die 35 dae wat die baba, wat prematuur gebore is, in ’n broeikas was nie.

’n Veldtog is van stapel gestuur om Okome te help en die familie kon die geld insamel om die rekening te betaal, waarna die baba terug in sy ma se sorg geplaas is.

Okome het aan die BBC gesê haar borsmelk het opgedroog omdat sy vyf maande lank van haar kind geskei was.

Pres. Ali Bongo Ondimba het onder andere ook geld geskenk.

Dr. Kamarou Kossogo, direkteur van die Abora Nzame-kliniek in Okala, is die naweek in hegtenis geneem maar is weer Sondag vrygelaat, berig Gabon Media Time.

Kossogo het glo aan die regter verduidelik dat Okome nooit toegang tot die kind geweier is nie en sy kon die kliniek besoek om haar kind te borsvoed.

Die aanklaer het aangedui die hospitaal se administratiewe prosesse en sy personeel se kwalifikasies sal nou ondersoek word.

Okome het aan die BBC gesê haar borsmelk het opgedroog omdat sy vyf maande lank van haar kind geskei was.- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!