Klimmers jaag rekord op Brandberg
Des Erasmus - 'n Geskatte tien bergklimmers van Namibië, buurlande en selfs van oorsee gaan op 9 Junie met 'n unieke aanslag op die rekordklimtyd van die Brandberg by Uis maak.
Die uitdaagreeks gaan van die basis tot op Königstein as die hoogste spits en dan terug na die beginpunt beslis word.
Die erkende rekordtyd op en teen die berg af is die 8 uur 6 minute wat 'n Amerikaanse klimmer van internasionale aansien, Fred Zalokar, in 2015 opgestel het. Hy het Namibië spesiaal besoek om die land se hoogste spits te klim. Königstein as hoogste spits lê 2 573 meter bo seevlak.
Onder Namibiërs word 'n klimtyd, ook bekend as die FKT (“fastest known time”), van die Brandberg van net meer as tien uur as baie goed gereken.
Die uitdaagreeks gaan deel vorm van 'n naweek wat honderde Namibiërs na Uis gaan lok met die Brandberg Rhino Run wat twee dae later op 11 Junie beslis gaan word. Soos die renosterdraf sal die opbrengs van die naweek vir die Red die Renosterfonds (SRT) gaan.
Die organiseerders van die bergklimmery is ook die aanbieders van die renosterdraf, Nico en Riana Scholtz van Uis. Nico het aan Republikein gesê met die Brandberg as erfenisgebied is 'n berggids soos 'n permit 'n vereiste vir elke klimmer. Dis nie net genoeg gidse vir net 'n geskatte tien klimmers wat die deelnemers tot net tien, of 'n bietjie meer, gaan beperk nie. Klim teen 'n spoed is gevaarlik en 'n horde waaghalse kan nie op 'n slag teen die berghange toegelaat word nie.
Een ander vereiste wat aan klimmers gestel word, is dat hulle ook twee dae later aan die Brandberg Rhino Run moet deelneem, al is dit net aan die korter drafskof van 7 km. Ná die renosterdraf sal die wenners van die bergklimmery ook op die prysuitdeling vereer word.
Volgens Scholtz het die eerste twee bergklimmers pas ná die aankondiging laat weet hulle gaan daar wees. Onder die belangstellendes is deelnemers aan uithoutogte deur die barre Namib en ystermankompetisies.
In die droogtejare was die klim van die Brandberg verbode as gevolg van 'n watertekort in die berg. Uis en die omgewing het vanjaar gedeel in reënvlae wat oor die westelike gebiede uitgesak het en oop water bestaan wel. Weens die uitmergelende hitte durf bergklimmers Namibië se hoogste berg gewoonlik net in die wintermaande aan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie