Klimaatsverandering: 'Gryp dringend in'

Die minister van die omgewing en toerisme sê Namibië speel geen rol in die oorsaak van klimaatsverandering nie, maar ly die ergste daaronder.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Ondanks die feit dat Namibië geen rol in die oorsaak van klimaatsverandering het nie, is die impak daarvan op ontwikkelende lande soos Namibië die ergste.

Só het die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, Dinsdag by die Verenigde Nasies se 25ste Klimaatberaad (COP25) in Madrid, Spanje, gesê.

“Namibië het geen rol te speel in die skep van die probleem van klimaatsverandering wat as een van die ergste bedreigings vir die mensdom beskou word nie,” het Shifeta gesê.

“Die Suider-Afrikastreek en veral Namibië bly aan die ontvangkant van die ergste droogtes sedert rekords begin is.

“Ons landbousektor het die afgelope vyf jaar 'n afname getoon en landelike huishoudings en kleinskaalse boere word erg geraak.”

Shifeta sê 700 000 mense of 30% van die bevolking word nou as voedselonseker weens klimaatsverandering geklassifiseer.

“Ons mees produktiewe sektore soos visserye en toerisme word voortdurend deur klimaatsverandering ondermyn.”

Die minister sê Namibië het 'n ambisieuse beleidsraamwerk in plek soos die nasionale klimaatsveranderingbeleid van 2011 en die implmenteringstrategie en aksieplan.

“Ons gaan voort om ons ambisieuse doelwitte na te streef wat insluit om ons kweekhuisgasse teen 2030 met 89% te verminder,” het Shifeta gesê.

Rakende finansiering het die minister gesê Namibië waardeer die Green Climate Fund wat reeds vier nasionale projekte ter waarde van US$39 miljoen gefinansier het.

“Dit is 'n goeie begin en ek is verheug om te sê dat hierdie projekte 'n aansienlike impak op ons mees weerlose gemeenskappe het.”

Shifeta het 'n beroep gedoen op lande wat die grootste besoedelaars is om hul bydraes vir klimaatfinansering teen 2020 tot US$100 miljard te verhoog en dié lande bedank wat hul bydraes verdubbel het.

“Ek glo sterk dat die koste van geen optrede om klimaatsverandering te takel, sal vir altyd by ons gaan spook. Daarom doen ek 'n beroep op almal om in die gees van eenheid en samewerking dringend in by die uitdagings van klimaatsverandering in te gryp.”



GRETA PERSOON VAN DIE JAAR

Intussen is die 16-jarige Sweedse omgewingsaktivis Greta Thunberg Woensdag as Time se jongste persoon van die jaar aangewys.

Thunberg, wat met Asperger-sindroom gediagnoseer is, het die afgelope jaar met presidente en ander bekendes skouers geskuur.

Sy het vier miljoen mense geïnspireer om vanjaar op 20 September 'n wêreldwye klimaatstaking by te woon, wat die grootste klimaatstaking ooit in die geskiedenis is.

In Augustus 2018 het sy van die skool weggebly om buite die Switserse parlement te kampeer met 'n plakkaat met die woorde “Skolstrejk för klimatet”, wat beteken Skoolstaking vir klimaat.

Teen einde 2018 was duisende skoliere oor Europa heen op Vrydae van die skool afwesig om teen hul leiers se optrede te betoog. Teen September 2019 het die klimaatstakings wêreldwyd versprei - selfs na Namibië.

Thunberg het Woensdag by die Klimaatberaad sake- en politieke wêreldleiers daarvan beskuldig dat hulle meer omgee oor hul persoonlike beeld eerder as om teen ­klimaatsverandering op te tree.

- Bykomende bronne Netwerk24/Reuters

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!