Kleuter erg getraumatiseer
Kleuter erg getraumatiseer

Kleuter erg getraumatiseer

Dit is volgens 'n private maatskaplike werker 'n vreeslike stryd vir 'n pa in Namibië om homself as die verantwoordelike ouer te laat verklaar.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Sy seun het nou ’n vrees vir padblokkades en mans in uniform en kry nagmerries.

So sê die pa van die driejarige seun wat deur ’n maatskaplike werker in diens van die staat saam met ’n groep gewapende polisiebeamptes en lede van die Namibiese weermag op ’n Vrydagaand uit sy sorg verwyder is. Dit glo sonder ’n volledige ondersoek of hofbevel.

“Ek voel of ek as pa absoluut geen regte het nie en my kind as ’n slaansak gebruik word. Die staat het my so erg ge’drop’”, het die emosionele pa tydens ’n onderhoud gesê.

Volgens hom was daar geen bewys van die verwaarlosing van sy seun onder sy toesig nie.

“Dit was die een plek waar hy gelukkig was en waar ons na ’n positiewe kant toe kon werk. Die voorval het soveel trauma veroorsaak.”

’n Familielid wat teenwoordig was toe die seuntjie verwyder is, het dit beskryf as iets “wat ek in my lewe nog nooit deurgemaak het nie”.

Volgens haar is ’n bejaarde familielid wat ’n noodrugoperasie ondergaan het na bewering “verneder en deur die polisie rondgestamp”.

“Hulle was geweldig ongeskik en wou nie met die prokureur praat nie. Hulle het vir ons gesê as ons nie die kind gee nie, arresteer hulle ons.

“Die skade en trauma is daar, die vernedering wat daardie dag gebeur het. Geen behoorlike ondersoek is vooraf gedoen nie en hulle het geen hofbevel gehad nie.”

Sy sê voorts haar drie jong kinders wat ook teenwoordig was, moes traumabehandeling ná die voorval kry.

“My oudste het die polisie gevrees, huil maklik en sy skoolprestasies het geval. Hy het histeries geraak as daar ’n padblokkade was, want hy het gedink hy gaan ook weggevat word.”

Volgens die pa wat noodgedwonge na sy gewese vrou en seun se tuisdorp getrek het om hom te kan sien, kan hy nie hier werk kry nie.

“My kind is nou belangriker vir my as geld, ek moet hom elke dag sien. Hy het my meer nodig as wat ek geld nodig het.”

Reeds voor die erg traumatiese voorval het die pa sy seun na ‘n sielkundige vir terapie geneem. Dié het toe reeds gesê sy seun kan nie langer as twee dae van hom af weg wees nie.

Volgens hom het hy verskeie verslae deur kundiges by die hof ingedien om sy verantwoordelikheid en betroubaarheid as ouer te bewys.

“Ek was en is emosioneel en finansieel nog altyd daar vir my seun.”

Hy voel baie sterk daaroor dat pa’s se regte en toegang tot hul kinders ook beskerm en uitgevoer moet word.

“Tans is dit ’n kwessie van die pa moet betaal, maar mag nie die kind sien nie. Daar is niks wat aandui ek is ’n slegte pa nie. Die maatskaplike werker moes juis in die beste belang van die kind optree en dit gebeur eenvoudig nie.”

’n Private maatskaplike werker het by navraag erken die regte van pa’s in Namibië word nie regtig erken nie en dis ’n “geveg” om te bewys hulle is in sekere gevalle die beter ouer.

“Die regte is daar, maar dit word nie eintlik erken nie en dit raak erger. Die aanvaarding was altyd dat die kind beter af is by die ma, maar pa’s het ook meer betrokke ouers geword,” het sy gesê.

Volgens haar is dit “’n vreeslike stryd vir ’n pa om te bewys en erken te word as die verantwoordelike ouer”, iets wat deur vele vroue uitgebuit word.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!