Kleremaker help ander

Wil vroue oplei en bemagtig
Tanja Bause
Tanja Bause – “Soms kom ’n ouma met haar kleinkind se geskeurde skoolklere na my toe en vra dat ek dit herstel.

“Ek kan sien die ouma het nie geld nie, en die kind kan nie so skool toe kan gaan nie. Ek maak die klere dan verniet reg of die ouma betaal my wat sy kan,” vertel me. Aino Kaapangelwa (40).

Kaapangelwa woon in ’n sinkhuis in die Okahandja Park informele nedersetting. Uit haar huis bedryf sy ’n baie suksesvolle naaldwerkbesigheid wat die ontwerp en maak van nuwe klere sowel as die herstel en veranderings aan ander insluit.

Sy is die oudste van vier kinders en ná haar ouers se dood in 2010 kom het sy in Windhoek kom werk soek.

“Ek was die oudste en moes werk gaan soek sodat ek my jonger susters en broer kon onderhou. Ek het werk as ’n veiligheidswag gekry,” sê sy.

Haar droom was egter altyd om naaldwerk te doen en vier maande nadat sy as ’n veiligheidswag begin werk, hoor sy van ’n naaldwerkkursus wat in haar omgewing aangebied word.

“Ek het my skof verander om aandskofste te werk om soggens die kursus te kon bywoon."

Kaapangelwa het van 17:00 tot 08:00 as ’n veiligheidswag gewerk, van hier af na die kursus gehaas en dit tot 12:00 bygewoon. Vandag is sy soos die afgelope vyf jaar voltyds voor haar naaimasjien.

“As jy naaldwerk doen, sal jy nooit sukkel nie. Daar is elke dag werk en jy maak elke dag iets. Elke dag kom iemand met stukkende klere wat ek moet regmaak. Die mense is ook baie arm hier en ek doen baie werk verniet of vir baie min geld om hulle te kan help.”

Soms bring mense vir haar materiaal en ontwerp en maak sy nuwe skeppings.

“Ek is baie trots as ek die persoon in Okahandja Park sien stap met een van my skeppings. Die persoon lyk so mooi danksy die klere wat ek gemaak het.”

Weens ’n tekort aan geld kan sy egter nie materiaal koop en klere maak soos haar hart begeer nie.

“Soms kom mense en wil klaargemaakte klere by my koop. Ek kan nie klere maak en dit hier hou en hoop dit word gekoop nie, ek het nie geld vir dit nie. Wat ek maak, moet nou verkoop word.”

Sy maak ook trou- en strooimeisierokke asook troupakke vir mans.

“In Desember is ek gewoonlik baie besig met troues. Mense bel my veral uit die Noorde en sê hulle het my klere op iemand se troue gesien en ek moet hulle trouklere ook maak. Hulle maak ’n afspraak en is gewoonlik verbaas om te sien ek sit in my sinkhuisie in Okahandja Park en werk,” vertel sy laggend.

Haar grootste droom is om ander vroue in naaldwerk op te lei sodat ook hulle 'n inkomste vir hulle self kan genereer.

“As ek nog twee of drie naaimasjiene kan kry, kan ek ander vroue oplei. Ek wil wees soos die vrou wat my opgelei het. Ek bel haar nou nog as ek ’n probleem het of nie verder weet nie; sy help my steeds. Sy kan met trots sê: 'Sien jy die vrou in daai sinkhuis wat naaldwerk doen? Ek het haar geleer.' Ek wil dit kan sê. Ek wil ander vroue bemagtig,” sê Kaapangelwa.

Volgens haar moet mense iets doen om ’n inkomste vir hulself te skep as hulle nie werk het nie.

“Dit help nie jy sit en wag dat iemand anders jou help of iets vir jou gee nie. Doen iets, werk vir jouself. Al maak jy nie baie geld op een slag nie, sal jy genoeg maak om te kan leef. As jy harder werk, kan jy meer maak. Kyk na, my ek onderhou my drie kinders, my broer en my suster.”

Daar is altyd werk wat gedoen moet word, en volgens Kaapangelwa sou sy selfs deurnag werk as sy elektrisiteit by die sinkhuisie gehad het.

“Dikwels kom mense van die werk by die huis aan met uniforms of oorpakke wat geskeur het en reggemaak moet word sodat hulle die volgende dag kan gaan werk. Ek help hulle. Ek vat nie 'n dag af nie, want as daar werk is, moet ek werk!" Kaapangelwa kan by 081 784 9514 gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!