'Kleinveebedryf bloei hom dood'

In ’n vraag-en-antwoord onderhoud per e-pos gesels Piet Gouws, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), oor die knellendste kwessies in die vleisbedryf.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Beide groot- en kleinveeprodusente bevind hulle om verskeie redes op ’n ongemaklike plek weens onsekerhede oor veral weiding- en bemarkingstoestande.

Van hierdie kwessies is tydens die uitvoerende raad van die Namibië Landbou-unie (NLU) se vergadering in Maart druk bespreek.

Piet Gouws, die man wat as voorsitter van die LPO produsente se stem in die bedryf is, gesels hieroor:

Wat is tans die grootste bekommernisse van lewendehaweprodusente?

Op die politieke front sou ons graag beter begrip van regeringskant wou sien vir die kommersiële beginsels waarsonder landbou nie suksesvol kan wees nie. Hiermee verwys ek na byvoorbeeld die uitdagings om aan die vrye mark-beginsels te voldoen. Sonder toegang tot ’n vrye mark kan landbou nie groei en stimulering vir die groter Namibiese ekonomie skep nie.

Op produksievlak stry produsente soms ’n verlore stryd teen roof- en probleemdiere, asook teen die toename in kapana-slagters wat onwettig boere se vee slag. Met probleemdiere verwys ek na die sebras in die Khomas Hochland, die elande en buffels by die Waterberg en die olifante in die Noordweste. Hierdie diere skep anders as roofdiere weer vir produsente ander kopsere.

Laastens is die droogte natuurlik ’n reuse-uitdaging. Die reën het die boere in die steek gelaat en daar is nie weiding nie. Daar het die afgelope week goeie buie op plekke voorgekom, maar op baie plase moet die saad nou eers ontkiem. Die winter kom nader en die daglig-lengte raak korter, so ’n mens weet nie tot watter mate hierdie reën weidingstoestande gaan verbeter nie.

Die kleinveebemarkingskema het die Suide lamgelê. Hoe vorder besluite hieroor?

Die kleinveebemarkingskema het op 1 Julie 2004 tot stand gekom met die doel om produsente te dwing om ses skape plaaslik by uitvoerabattoirs te laat slag vir elke een skaap wat hulle toegelaat word om lewend na Suid-Afrika uit te voer. Die doel was om waarde toe te voeg, maar die afgelope byna 14 jaar is dit dié grootste remskoen in hierdie bedryf.

Skaapproduksie het sedert die skema in werking getree het, verlaag van ongeveer 1,2 miljoen diere per jaar na nagenoeg 700 000 in 2017. Dit het dus meegebring dat die bydrae van die kleinveebedryf tot die ekonomie gehalveer het.

Baie meer werksgeleenthede is vernietig in die primêre sektor van die bedryf as wat daar deur die uitvoerabattoirs geskep is.

In 2016 het die totale bedryf uiteindelik op ’n nuwe strategie ooreengekom en ’n konsensusdokument is op 7 November daardie jaar aan minister John Mutorwa (die vorige minister van landbou, water en bosbou) skema voorgelê Daarin is die uitfasering van die skema voorgestel. Hy was in Septemver verlede jaar op die punt om dit aan die kabinetskomitee op handel en ekonomiese ontwikkeling voor te lê, toe Farmers Meat Market aangekondig het dat hy sy abattoir op Mariental gaan sluit en die dokument eers teruggehou is.

Intussen is daar ’n nuwe minister in Mutorwa plek aangestel (mnr. Alpheus !Naruseb) en die konsensusdokument oor die toekoms van die kleinveebemarkingskema het steeds nie voor die kabinet gedien nie.

In die derde week van Maart het bestuurslede van die LPO produsente by ’n vergadering van die Vleisraad se tegniese komitee oor kleinvee verteenwoordig. Die produsente het opnuut die verlammende impak daarvan het op die totale ekonomie beklemtoon. Die LPO het al verskeie kere gesê produsente kan nie verantwoordelik gehou kan word vir die subsidiëring van die res van die waardeketting nie en kan ook nie nywerheidsontwikkeling in die land finansier nie.

Ons is dankbaar dat die skema tans 1:1 is, maar beklemtoon steeds dat dit ’n enorme neerdrukkende effek op ekonomie in die Suide het. Verder het die skema ook ’n emosionele impak op boere.

Ek praat op Woensdag, 28 Maart, by die Mariental Streekslandbou-unie se motiveringsdag oor die toekoms van vleisproduksie en ek weet eerlik nie hoe ek die kleinveeprodusente moet moed inpraat terwyl die bedryf hom doodbloei nie.

Ervaar kleinveeboere bemarkingsprobleme noudat die uitvoerabattoir op Mariental nie meer in bedryf is nie?

Aangesien kleinveeproduksie so gedaal het, is daar nie ’n bottelnek nie ten spyte daarvan dat die een op Mariental nie meer in bedryf is nie en die een op Aranos ook net beperk slag.

Verder het die Klas B- en Klas C-abattoirs (wat vir die binnelandse mark slag) toegeneem en hulle absorbeer baie van die slagdiere. Hierdie abattoirs betaal boonop baie kompeterende pryse aan produsente.

Ons weet die droogte het baie boere in veral die Suide erg verrinneweer. Hoeveel produsente staan gevaar om uit te boer/die bedryf te verlaat?

Die berigte uit die Suide is kommerweeknd, maar die krisis is nie net tot die Suide beperk nie. Ook in die Noordweste en sentrale Weste lyk die situasie benard.

Die gemiddelde ouderdom van ons boere is sestig jaar en ouer en hulle moet nou aan aftrede begin dink, maar kan nie. Hulle reserwes is uitgeput en hulle kan nie bekostig om aan die jonger geslag oor te gee en elders te gaan woon nie. Baie van hulle het selfs nie eens meer ’n kernkudde oor nie. Ons praat hier van mense wat sterk geboer het en drie geslagte of wat al op die plaas is.

Hoeveel boere in hierdie benarde situasie verkeer, is moeilik om te sê. Die NLU is besig met ’n opname en wil kyk hoe hy van georganiseerde landbou se kant ’n altenatiewe inkomste vir van hierdie boere kan vind.

Wat ek egter ook weet, is dat daar al slegter tye was en dat ons dit oorleef het. Daar is altyd hoop.

Meatco is ’n groot kopseer en daar word gekyk na ’n nuwe slag- en vleisverwerkingsfabriek vir produsente. Hoe lyk die gesprekke en beplanning hiervoor?

Meatco dien nie meer die produsente nie. Dit is in die skuld en die abattoirs is verouderd. Daar is deesdae baie beter en doeltreffender tegnologie vir slag- en verwerkingsaanlegte beskikbaar.

Gesprekke oor die pad vorentoe vir produsente is in die embriostadium. Ons kyk byvoorbeeld na wat dit sal kos om ’n nuwe slag- en vleisverwerkingsaanleg te begin, teenoor die koste om Meatco weer doeltreffend en winsgewend te maak.

Dit is egter so dat Meatco in sy huidige toestand baie moeilik omgekeer kan word.Die uitvoermark is kritiek belangrik vir produsente om goeie pryse te behou. Daarom is ’n finansieel gesonde en doeltreffende Meatco die eerste prys vir produsente.

Maar dit is ook so dat die regering se immenging ’n gemors meegebring het en dat die direksie gekompromiteer is.

Indien ons ’n alternatief tot Meatco vestig, is die vraag of die regering ons sal help om ons uitvoermarkte te behou? Dit is immers die regering wat die Noorweegse uitvoerkwota toeken. Hierdie is alles goed wat met groot versigtigheid oorweeg moet word.

Plaasveiligheid is ’n bekommernis. Is die landelike beskermingsinisiatiewe voldoende en wat moet boere doen om groter veiligheid te skep?

Ek weet die oorgrote meerderheid van boere is nie voorbereid genoeg nie. Ek dink ons het oor die jare laks geword en ons paraatheid verslap. Ons doen nie meer saans “roll call” per radio om seker te maak ons bure is veiling nie.

Om in te skakel by misdaadvoorkomingsforums is baie belangrik. Ná die drie voorvalle vroeër vanjaar, is die NLU nou besig om sy veiligheidsplan in werking te stel. Maar boere moet ook individueel verantwoordelik vir hul veiligheid neem. Daar waar beveiliging sigbaar geskied, sal misdadigers nie sommer willens en wetens toeslaan nie.

Klimaatverandering is ’n werklikheid. Hoe bemagtig die LPO produsente om by die veranderde uitdagings aan te pas?

Ons weet nie hoe gaan weerpatrone verander nie; ons weet net ons moet ons weiveld hervestig. Goeie grasbedekking is die enigste teenvoeter vir klimaatverandering.

Daarom is die weiveldbestuursprogram onder die knap leiding van my voorganger, Mecki Schneider, geïmplementeer. Dit behels agt kernbeginsels, soos doeltreffende rus en herstel, die doeltreffende benutting van weiveld, die verbetering van grondtoestande, die bekamping van bosindringing, droogtebeplanning, beter monitering van die weidingsbronne en beplanning ten opsigte van hoe infrastruktuur op plase ontwikkel moet word.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39%