Kleinvee: Uitdagings, maar ook geleenthede
Die skaapsektor beleef baie uitdagings, maar met 'n kopskuif kan nuwe groeigeleenthede ontstaan.
Ronelle Rademeyer
Die kleinveebedryf bevind hom reeds sedert 2004 toe die regering se bemarkingskema in werking getree het, in moeilike vaarwater en kommer heers oor die volhoubaarheid van die skaapsektor.
Verskeie boere het reeds die bedryf verlaat, of oorgeskakel na bees- of wildboerderye.
Tog meen die kleinveeboer en ekonoom mnr. Daniël Motinga dat kleinveeboere ondanks die baie uitdagings en onbeheerbare faktore soos hoë insetkoste, steeds suksesvol kan boer. Dit is mits hulle anders begin dink oor boerderye wat deur 'n enkeleienaar bestuur word en ter wille van groter ekonomie van skaal en mededingendheid, kragte saamsnoer en 'n korporatiewe ingesteldheid kweek.
Hy was die spreker by Namibia Media Holdings (NMH) se Business 7/Die Boer-sakepraatjie Donderdag in Windhoek met genooides uit die landbousektor oor die uitdagings, maar ook die geleenthede waarmee dié geknelde bedryf te kampe het.
Die geselligheid is gereël om saam te val met die Windhoek Skou waar 45 kleinveetelers vanjaar 1 111 diere vertoon het.
Motinga het daarop gewys dat boere met verskeie produksie- en bemarkingstruikelblokke te doen het. Dit sluit in wisselvallige reënval en weiveldbeperkinge, stygende insetkoste, roofdiere, infrastruktuur wat verbeter moet word asook uitdagings betreffende ekonomie van skaal. As prysnemers is hulle ook uitgelewer aan prysonsekerhede en –skommelings.
Hy het daarop gewys dat hoewel karkasse in Juniemaand gewoonlik swaarder is, kry produsente 'n swakker prys daardie tyd van die jaar as in Desember wanneer karkasse ligter is.
Motinga meen die oplossing lê daarin dat boere korporatiewe instellings vestig deur individuele boerderye te konsolideer sodat hulle ekonomie van skaal verbeter.
Hy sê dit sal hulle bedingingsmag verbeter en hulle in staat stel om vir beter pryse te onderhandel, of selfs aandele in abattoirs te bekom.
Motinga sê dit kan ook op 'n kleiner skaal gedoen word deur byvoorbeeld saam genetiese materiaal aan te koop, of om infrastruktuur en implemente binne individuele boerderye te deel.
Roofdiere kan ook beter bestry word as boere die probleem gesamentlik takel.
Voorts meen hy boere moet tegnologies meer kundig raak en goeie meting in hul boerderye toepas.
Hulle moet ook die prysomgewing verstaan en só bemark dat hulle die beste pryse kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie