Kleinflamink vlieg amper 1 000 km ver

Nóg ’n voël by Keetmanshoop

19 June 2019 | Omgewing
Tanja Bause - Een van die kleinflaminke wat aan die begin van die jaar as ’n kuiken van die dorre Kamfersdam naby Kimberley in Suid-Afrika gered is, het dié naweek sy opwagting op Lüderitz gemaak.

Die flamink het meer as 976 km afgelê om Lüderitz te bereik.

Volgens dr. Jessica Kemper, pikkewynnavorser en -kenner van Lüderitz, het sy die kleinflamink met die nommer 0317 Saterdagoggend die eerste keer by First Lagoon gesien.

“Ek het hom Maandagnamiddag weer gesien, dié keer by Second Lagoon,” het sy gesê.

Flamink 0317 was deel van ’n groep voëls wat op 8 Mei by Kamfersdam vrygelaat is.

Kamfersdam

In Januarie is honderde kuikens van die opgedroogte Kamfersdam, ’n mensgemaakte riooldam en een van die belangrikste teelplekke van die kleinflamink in suidelike Afrika, gered.

Weens te min reën, hoë temperature en gebreekte infrastruktuur het die Sol Plaatjie-munisipaliteit baie min water in die dam gepomp gepomp.

Die kuikens is uiteindelik deur hul ouers agtergelaat en het begin dehidreer en verhonger.

Hulle is na verskeie voëlrehabilitasiesentrums in Suid-Afrika geneem, gerehabiliteer en in Mei weer by Kamfersdam vrygelaat.

“Daar is tans baie jong kleinflaminke op Lüderitz. Maandag het ons 94 by Second Lagoon getel,” het Kemper gesê.

“Ons het Vrydag ook ’n kleinflamink ontvang, wat op ’n plaas by Keetmanshoop gevind is. Ná ’n goeie nagrus was die flamink die volgende dag gereed om vrygelaat te word. Ek het hom by Second Lagoon gaan vrylaat, waar hy onmiddellik by die ander sowat 60 kleinflaminke en ’n hele paar grootflaminke aangesluit het.”

“Die flamink het nie ’n ring aan nie, maar dit is wel moontlik dat hy ook van Kamfersdam af kom. Baie van die flaminke wat daar gered is, is gering, maar daar was ook talle wat weggevlieg het voor hulle gering is,” het Kemper gesê.

Soortgelyk

 

Voortrekker: “Namibië nie ’n desperate land”

12 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ‘n Wêreldbekende omgewingsaktivis het nou ook sy stem by die oproer oor die skietdood van Namibië se ikoniese ou olifantbul, Voortrekker, gevoeg,...

Dís hoekom amptenare nie verhogings kry

12 ure gelede | Arbeid

Elvira Hattingh - Dit sal onverantwoordelik wees indien die regering salarisverhogings aan staatsamptenare toestaan kort ná ‘n noodtoestand weens droogte aankondig is en burgers vir...

Nadja Namibië se mooiste

12 ure gelede | In beeld

Mej. Namibie 2019, Nadja Breytenbach (middel), is Saterdagaand tydens ’n glansgeleentheid in die hoofstad gekroon. Haar eerste prinses is Julita-Kitwe Mbangula (links) en Johanna Swartbooi...

Weer vir 8 Julie

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, Ooste en Sentrale gedeeltes, andersins sonnig en warm tot baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm...

/Khowese kry nuwe hoofman

12 ure gelede |

Mnr. Hendrik Ismael Witbooi is Saterdag by die Gibeon-nedersetting in die Hardapstreek as die /Khowese(Witbooi)-stam se negende hoofman (gaob) aangewys. Ismael volg die ontslape hoofman...

D-Dag vir Katrina

12 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, hoor na verwagting vandag of die hoërhof reken sy is skuldig aan...

Vrae oor RCC-salarisse

12 ure gelede | Vervoer

Augetto Graig en Ogone Tlhage - Byna 400 werknemers van die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) wag in spanning om te hoor of hulle vadeesmaand betaal gaan word....

Die jeug is Namibië se grootste hulpbron

12 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtNamibië se jeugdige bevolking is die land se grootste hulpbron. Sou dié hulpbron nie doeltreffend ondersteun word nie, laat dit reusegapings in die produktiewe...

Dit raak warmer én kouer

12 ure gelede | Weer

Die European Centre for Medium-Range Weather Forecasts (ECMWF) sê die afgelope Junie was die warmste wêreldwyd sedert 1979. Volgens dié weerkundiges was wêreldwye temperature vir...