Kleiner boere kry die seerste

Só word droogte in SA geklassifiseer
Elvira Hattingh
Teen die tyd wat kommersiële boere 50% van hul produksie of inkomste weens ’n droogte begin verloor, mag­ kommunale boere reeds die punt bereik het waar hulle alle inkomste of produksie verloor het en daar geen omdraaikans meer is nie.
Dr. Andries Jordaan van die Universiteit van die Vrystaat het tydens die Afrika Droogtekonferensie wat vanaf 15 tot 19 Augustus in Windhoek aangebied is, gesê ’n droë tydperk vir een boer, kan reeds ’n rampspoedige droogte vir ander wees.
“Ons navorsing het bevind ’n matige droogte vir kommersiële boere is meestal reeds ’n ernstige droogte vir kommunale boere. Terselfdertyd hang die impak van droogte op kommersiële boere ook af van hoeveel veerkrag hulle teen droogtegebeure het. Dit maak dit moeiliker om te bepaal wanneer droogteverklarings gemaak moet word of droogtehulp gegee moet word,” het hy gesê.

DROOGTE RAAK ­KLEINSTES EERSTE
Hy het ’n grafiek vertoon wat aandui dat kommunale boere of bestaansboere eerste deur droogte geraak word en reeds 50% van hul produksie verloor het wanneer die neerslagindeks (SPI) op -1 staan.
Dié neerslagindeks is ontwikkel om droogtes te monitor en word gebruik om ’n gegewe tydperk se reënsyfers met historiese data te vergelyk. Op die SPI-skaal dui hoë waardes (nader aan 3) hoë reënval oor ’n sekere tydperk aan, terwyl ’n medium waarde (om en by 0) op normale reënval dui. Lae waardes (naby aan -3) dui op swak reënval en ’n moontl­ike droogte.
Volgens Jordaan beïnvloed droogte kleiner boere eerste.
“Klein of medium groot kommersiële boere verloor tipies 50% van hul normale produksie as die neerslagindeks op -1,5 staan. Op dié punt is dit egter reeds klaarpraat met kommunale boere of dié wat op kleinskaal boer.
“Die graad van droogtes wissel tussen D0 tot D4, waarvan laasgenoemde die ernstigste is. Suid-Afrika ervaar tans ’n D4-droogte. Terselfdertyd identifiseer ons ver­skillende soorte droogtes, naamlik ’n meteorologiese, hidrologiese, landbou- asook sosioëkonomiese droogte.
“Laasgenoemde tipe droogte gaan gewoonlik gepaard met ’n D3- of D4-droogte en dit kan vir tot vyf jaar ná ’n meteorologiese droogte voortduur.”
Jordaan sê verskeie droogte-aanwysers is ook ontwikkel, wat die graad van ’n droogte bepaal.
“Primêre aanwysers sluit in meteorologiese, hidrologiese en landbou-aanwysers. Sekondêre aanwysers is dié op plase soos weidingstoestande, die beskikbaarheid van water, die vogtigheid van grond asook die toestande van graangewasse. Die inligting word versamel van verskeie plase oral in Suid-Afrika.
“Verder behels dit ook sosio­ëkonomiese aanwysers, wat finansiële impakte op boere, die ekonomiese impak op streke (waar landelike besighede en dorpe geraak word) en sosiale impakte insluit. ’n Voedselsekerheidsindeks op streek- en nasionale vlak asook die impak op markte tel ook onder die aanwysers.”
Jordaan sê al hierdie aanwysers word in aanmerking geneem om die erns van ’n droogte te bepaal.
Hy het verwys na ’n droogtebestuursplan vir die Noord-Kaap, wat op vier sleutelprestasiegebiede gebaseer is.
“Die eerste behels geïntegreerde, gekoördineerde institusionele kapasiteit; die tweede ’n risikobepaling vir droogte; die derde die beplanning van droogtebestuur; en laastens droogtereaksie en -herstel. Ons het ook drie faktore geïdentifiseer wat ons in staat stel om die droogtebestuursplan uit te voer, waarvan die eerste inligtingsbestuur en -kommunikasie is; die tweede onderrig, opleiding, openbare bewusmaking en navorsing; en die derde finansiering.”
Hy het gesê hy stel voor dat lande ’n droogtebestuurstruktuur moet opstel, wat aandui watter verskillende taakspanne in die ver­skillende vlakke van droogte die verantwoordelikheid moet aanvaar.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!