Klein verskille help Eagles uitskakel
’n Superboulbeurt was gister nodig om die gelykopwedstryd teen Kenia op te klaar.
Andrew Poolman - ’n Dramatiese wedstryd teen Kenia wat gister in Oos-Londen gelykop geëindig het, het klaargespeel met die Namibiese Eagles se kanse om as groepwenner van die T20 Afrikabeker groep C-toernooi uit die stryd te tree.
Tesame met twee oorwinnings (teen Grens en Mpumalanga) en ’n nederlaag teen die Oostelike Provinsie het Namibië op 13 punte klaargemaak, nadat hy in ’n superboulbeurt valbylstryd teen Kenia ook die wenpunte verseker het.
Die Namibiërs moes dus wag tot ná die middagwedstryd om hul eindposisie vas te stel. Die Grens het met drie paaltjies teen sy buurunie Oostelike Provinsie gewen om te verseker dat drie spanne boaan die groep klaarmaak, met een nederlaag elk.
Grens, die OP en Namibië het almal met 13 punte geëindig, maar danksy sy beter netto kolftempo het die Grens deurgedring om aanstaande naweek in die T20 Afrikabeker se halfeind- en eindronde te gaan meeding teen die ander groepwenners Oostelikes, Noordwes en die Gauteng Leeus.
Kenia (4 punte) en Mpumalanga (0) kon nie teen die res bybly nie.
JAAGTOG NA 184
Gisteroggend het die Namibiese kaptein, Jan Frylinck, die loot gewen en gekies dat Kenia eerste moet kolf.
Die Oos-Afrikane se aanvangspaar het doelgerig begin toe die eerste paaltjie eers op 107/1 ná 9.5 boulbeurte geval het. Dit was danksy die goeie werk van die Indies gebore Dhiren Gondaria (78 van 47 balle, nege viere en twee sesse) en Alex Obanda (49 van 28 balle, 4x4 4x6).
In twee opeenvolgende boulbeurte het die Eagles se linkerarm draaibouler Bernard Scholtz egter van beide Obanda asook die kaptein Shem Ngoche (1) ontslae geraak – en kort daarna ook van Gondaria. Vreemd genoeg is al drie van hulle deur paaltjiewagter Zane Green gestonk.
Met net meer as sewe boulbeurte oor het Kenia nog ’n gevoelige slag gely toe hul staatmaker Rakep Patel vir net ses lopies deur Nicol Loftie-Eaton van Tangeni Lungameni se boulwerk uitgevang is.
Te midde van kolfmaats wat een ná die ander teruggestap het, het paaltjiewagter Irfan Karim kop gehou met 25 nie uit nie van van 21 balle (2x4) om Kenia se totaal tot 183/8 te help voer.
Bernard Scholtz was giftig met 4/28 in sy vier boulbeurte, met Tangeni Lungameni (1/28 in 4) ewe suinig met die lopies. Christopher Coombe (2/22 in 3) het ook toegeslaan.
Met 184 as teiken, het die Eagles wel vir Stephen Baard vroeg verloor (6 van 5 balle), maar daarna het Lo-han Louwrens (20 van 13 balle, 2x4 1x6) ’n goeie kolfvennoot in Michau du Preez gevind. Du Preez het net 30 balle vir sy vyftigtal gebruik en is uiteindelik op 72 b.v.p. uitgegee (43 balle, vyf viere, vier sesse).
Kaptein Frylinck het seepglad by Louwrens oorgeneem vir sy 37 lopies van 29 balle (vier grenshoue), maar die vinnige paaltjies van Gerhard Erasmus (5) en JJ Smit (1) het die momentum verbreek.
Zane Green (16 nie uit nie van 11 balle) het twee grenshoue geslaan en het naarstiglik die wenlopies gesoek saam met Nicol Loftie-Eaton, wat op 12 van 8 balle uitgevang is (2x4).
Van die laaste boulbeurt het Namibië nege lopies kortgekom en van die laaste bal moes Christopher Coombe twee lopies behaal, maar hy kon net die gelykmakende enkellopie aanteken.
Die spanne het gevolglik elk een super-boulbeurt gespeel om te bepaal wie met die ligapunte wegstap.
JJ Smit is met die tweede bal uitgehaal, maar Zane Green het ’n vier geslaan om Namibië se superboulbeurt op 15/1 af te sluit. Hierna was JJ Smit die bouler vir die Eagles en het net ’n twee, drie enkellopies en ’n wydloper afgestaan om die Namibiese
Die opgesomde telkaarte van die Namibiërs se ander wedstryde:
SATERDAG, klop Mpumalanga met 66 lopies
Namibië stel 216/4 op – Stephen Baard 21 van 14 balle met 5x4; Lo-han Louwrens 0 van 1 bal; Michau du Preez 65 van 65 balle met 5x4 en 4x6; Gerhard Erasmus 6 van 7 balle; Jan Frylinck 82 nie uit nie van 46 balle met 8x4 en 4x6; JJ Smit 25 nie uit nie van 7 balle met 1x4 en 3x6).
Frylinck gebruik 31 balle vir sy vyftigtal en is betrokke in vennootskappe van 90 lopies met Du Preez en 66 lopies met Smit.
Mpumalanga 150 almal uit – Benjamin van Niekerk 42 van 42 balle. Tangeni Lungameni 2/24 in 4 boulbeurte; Gerhard Erasmus 3/23 in 4; JJ Smit 0/17 in 2; Bernard Scholtz 1/37 in 4; Christopher Coombe 3/35 in 4; Nicol Loftie-Eaton 0/9 in 1.
Ligapunte: Namibië 5 Mpumalanga 0.
VRYDAG, klop Grens met vyf paaltjies (twee balle oor).
Grens stel 193/4 op – Marco Marais 103 van 62 balle met 8x4 en 7x6; Gihahn Cloete 44 van 29 balle met 4x4 en 2x6; Mncedisi Malika 23 van 20 balle. Eersgenoemde twee se vennootskap is 86 vir die eerste paaltjie.
Die paaltjies word tussen Bernard Scholtz (2/31 in 4 bb) en Christopher Coombe (2/30 in 2) verdeel, met Gerhard Erasmus op die mees ekonomiese 0/21 in 4.
Namibië antwoord met 197/5 in 19.4 boulbeurte – Stephen Baard 86 van 51 balle met 7x4 en 5x6; Lo-han Louwrens 63 van 29 balle met 7x4 en 4x6; Michau du Preez 25 van 23 balle met 3x4.
Baard en Louwrens se vyftigtalle kom onderskeidelik van 26 en 23 balle en hul aanvangsvennootskap stel 143 in 12.3 boulbeurte op.
Grens se beste bouler is Bongolwethu Makeleni met 3/32 in 4 bb.
Ligapunte: Namibië 4 Grens 0.
VRYDAG, verloor teen Oostelike Provinsie met 15 lopies.
Oostelike Provinsie stel 159/9 op – Matthew Breetzke 25 van 23 balle; Edward Moore 52 van 28 balle met 9x4 en 1x6; nommer sewe Mathew Christensen 19 nie uit nie van 13 balle met 2x4.
Namibië se voorste boulers Bernard Scholtz (3/27 in 4) en Jan Frylinck (3/28 in 4) word bygestaan deur Christopher Coombe (2/29 in 3) en JJ Smit (1/20 in 4).
Die Namibiese kolfbeurt eindig op 135/8 – Stephen Baard 5 van 4 balle; Lo-han Louwrens 30 van 25 balle met 3x4 en 1x6; Michau du Preez 2 van 11 balle; Gerhard Erasmus 24 van 34 balle met 1x4 en 1x6; JJ Smit 24 van 17 balle met 2x4 en 1x6; Zane Green 8 nie uit nie van 7 balle (1x4); Nicol Loftie-Eaton 0 van 1 bal; Christopher Coombe 3 van 3 balle.
Vir OP neem Kelly Smuts 3/17 in 3 bb en Lutho Sipamla 2/15 in 4, met Jade de Klerk op ’n ekonomiese 0/16 in 4 bb.
Ligapunte: OP 4 Namibië 0.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie