Klein meisie, groot hart

11 February 2019 | Plaaslik
Tanja Bause - Sy’s net 12 jaar oud, maar haar hart is groot, en haar toekomsplanne nóg groter.

Lelita Esterhuizen van Windhoek het drie jaar gelede met modelklasse begin.

Die eerste skoonheidskompetisie waaraan Lelita deelgeneem het, was Miss Spring 2018.

Hiertydens is sy in haar ouderdomsgroep as tweede prinses en mej. Fotogenies gekroon.

“Dít het haar laat kwalifiseer vir deelname aan Toddler & Tween of the World 2019 (TTTW19) op Klerksdorp, in Suid-Afrika,” vertel haar ma, me. Denita Rossouw.

Lelita benodig geld vir haar vervoer en ’n rok.

“Om net vir geld te gaan vra met 'n borgvorm leer kinders nie enige verantwoordelikheid nie. Hulle moet werk vir dit wat hulle wil hê. Daarom het ek vir Lelita gesê sy moet aan iets dink om fondse vir haarself in te samel. Sy sal lewenservaring opdoen en leer enigiemand kan vir geld vra, maar dit beteken baie meer as jy vir die geld werk en moeite doen,” het Rossouw gesê.

“Ek het besluit om geld vir die Have a Heart-stigting op Rundu (HAH Rundu) in te samel. My tannie is al jare lank daarby betrokke en elke keer as ek by haar gaan kuier, help ek haar met fondsinsameling vir die stigting,” het Lelita gesê.

“Daar is ook baie diere in die nedersettings wat swaarkry en die mense kan hulle nie veearts toe neem nie. Die kinders in die nedersettings verdien ook troeteldiere. Dis vir my baie hartseer dat hulle die diere nie medies kan versorg nie, hoewel hulle die diere baie liefde gee,” het Lelita gesê.

Die wenners van TTTW19 kwalifiseer om oorsee aan Little Miss Universe deelneem.

“’n Groot deel van die kompetisie behels liefdadigheid. Hoewel dit nie verpligtend is nie wil Lelita dit doen. Sy hou baie meer daarvan om te gee as om te ontvang,” het Rossouw gesê.

“Lelita droom ook daarvan om eendag die Mej. Wêreld-kroon terug Namibië toe te bring. Sy werk nou al aan haar droom,” het Rossouw gesê.

Tans hou sy haar met ’n koekiebak-projek besig. Bestellings kan by haar vir funksies, skoolsnoepies of sportdae geplaas word.

Van dié geld sal 10% aan HAH Rundu geskenk word.

Lelita se vriendin Danel du Toit (11), wat as Miss Spring 2018 gekroon is en ook aan die TTTW19-kompetisie gaan deelneem, gaan haar met haar fondsinsamelingsprojek bystaan.

Mense wat dié twee meisies wil ondersteun, kan op Facebook gaan loer na die bladsy “LelitaBlessingsPIF” om bestellings te plaas of skenkings te maak.

Soortgelyk

 

Honderde miljoene vir veevoer nodig

18 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die 2019 droogte is ‘n omvangryke ramp en ten minste N$170 miljoen is nodig om net 5 persent van die nasionale veekudde...

Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

18 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Óf drupsgewys óf glad nie. Dit is volgens verskeie skole oraloor die land die huidige stand van handboeke vir die nuwe leerplan...

Regional council must account for vandalised buildings

18 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Swapo beslis dorpsraadslede se lot

18 ure gelede | Politiek

Dorpsraadslede van Okahandja en Rundu moes Maandag ure lank by Swapo se hoofkantoor in Windhoek wag om te hoor wat hul lot is. Verskeie nasionale...

Groeiende stad druk rioolstelsel

18 ure gelede | Infrastruktuur

Elvira Hattingh - Die Windhoekse munisipaliteit erken sekere rioolpype in die stad moet opgradeer word om die groeiende getal stadsbewoners te akkommodeer. Terselfdertyd beloof hulle...

Weer vir 19 Februarie 2019

18 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Bloedige hittetoestande word vir die res van die week in die binneland verwag.BINNELAND: Mooiweer en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik...

Gammams staan steeds stil

18 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek se munisipaliteit (CoW) sê hul Gammams-watersuiweringsaanleg staan steeds stil nadat swaarbrandstofolie meer as twee weke gelede in die stad se rioolstelsel...

‘Vroue is sterk’

18 ure gelede | Maatskaplik

Mariselle Stofberg – TrueKrav Namibia het Donderdag, in samewerking met die Namibiese Vrouevereniging en Kosmos, ’n praatjie oor geslagsgeweld in die hoofstad aangebied.TrueKrav bied...

Namcor wil vry van sekere wette wees

18 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) het ‘n aansoek by die Namibiese Kompetisie-kommissie ingedien om vir die volgende 10 jaar vrygestel te wees...