Klein-klein al hoe slimmer

Die brein is ‘n manjifieke orgaan, maar sonder die sintuie en spiere is dit nutteloos.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Eers wieg-wieg in ‘n kombersie, dan liggies rol op ‘n bal.

Dan weer ‘n tiekiedraai saam met mamma en rondtrek in ‘n mandjie.

Nie net versterk die spesiale saamwees en -speel die band tussen mamma en baba nie, BabaGim is ook ‘n prettige, praktiese bewegingsprogram. Dit is ontwikkel deur die ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager om ouers te bemagtig om die kosbare vroeë leergeleenthede deur brein- en liggaamsoefeninge te ontgin.

“Breinontwikkeling vind plaas wanneer jy sagkens en geleidelik elkeen van baba se sintuie en spiere in ‘n bepaalde volgorde ‘wakker maak’,” verduidelik Rika Grové, BabaGim-instrukteur.

“Die brein is ‘n manjifieke orgaan, maar sonder die sintuie en die spiere is die brein nutteloos. BabaGim bied vir mamma en baba die geleentheid om die sintuie, brein en spiere speel-speel slim te speel.”

BabaGim het verskillende programme met verskillende fokusareas, verduidelik Rika.

BabaGim 1 bied vir verwagtende pare die geleentheid om meer te leer van hul baba se sintuie, brein en spiere gedurende swangerskap, tydens die geboorteproses en die vroeë weke ná geboorte. Dit rus ouers toe met ‘n eenvoudige massering en BabaGim-oefeninge om voeding, metabolisering en vertering te ondersteun.

“Dit is ‘vaardighede’ wat ons dikwels as vanselfsprekend aanvaar, maar vir baie nuwe babatjies is die aanleer en bemeester van hierdie vaardighede ‘n enorme uitdaging.

“Ontspanning en voeding is sentraal tot baba se gesondheid, immuniteit en vermoë om verder te ontwikkel. Dit is dus kritiek dat mamma en baba nie eers ‘n paar weke en selfs maande met iets soos voeding en vertering stoei voordat hul geholpe raak nie”

BabaGim beskou soog (suig vir voeding) as die eerste groot motoriese mylpaal, en is kritiek belangrik vir die gehalte van baba se toekomstige ontwikkeling.

BabaGim 2 is vir mamma en baba wanneer dié ses weke of ouer is. Dié klasse vind meestal in groepverband plaas. Groepe word tot ‘n maksimum van ses volwassenes en babas beperk om te sorg die babas word nie oorgestimuleer nie. Dit verseker ook 1:1 aandag en leiding van die BabaGim-instrukteur.

“BabaGim 2 is veral voordelig wanneer BabaGim 1 bygewoon is en baba reeds die eerste ontwikkelingsboublokke van ontspan, soog, metaboliser en verteer onder die knie het. Dit gee meestal aanleiding tot goeie slaap wat goeie breinherstel en -ontwikkeling tot gevolg het.”

Mamma en baba leer nuwe oefeninge wat hul tuis kan toepas. Die leerplan begin by tas en dek al die sintuie.

In die laaste klas word die belangrikheid van ‘n bewuste lyfie en sterk spiertjies verken.

BabaGim se doel is om ouers op te lei om ontwikkeling as ‘n lewenswyse aan te neem.

“Die program is kort en kragtig, maar die sukses lê in die herhaling van die massering en verskeie oefeninge oor maande, lank ná die vyf weke reeds verby is.

BabaGim 3 bied mylpaal-spesifieke klasse en word volgens ontwikkelingstadium/ouderdom bygewoon nadat BabaGim 2 voltooi is. Die fokus is die ontwikkeling van spesifieke mylpale en wat insluit sit, kruip, staan, steunloop en loop.

“Hoewel BabaGim spesialiseer in fisieke ontwikkeling, bied ons twee verdere sessies naamlik sosiale en emosionele ontwikkeling en kognitiewe ontwikkeling.”

Die beplande uitkoms van die spesifieke oefeninge is legio, sê Rika, en sluit in hoe om baba met massering te ontspan, die suigrefleks te stimuleer sodat baba lekker sterk en ritmies voed, hoe om spysvertering te stimuleer en hardlywigheid te voorkom, sensoriese bewustheid, vaardige handjies te ontwikkel en om mylpale met gehaltebewegings te bereik.

Swangerskap en rofweg die eerste twee jaar vorm die eerste duisend dae, verduidelik Rika.

“Wêreldwyd word die tydperk as kritiek beskou in terme van die grondslag wat gelê word vir die kind se lewenslange gesondheid, ontwikkeling en leerpotensiaal. Die oefeninge is belangrik om te verseker die lyfie en ooreenstemmende dele van die brein ontwikkel optimal, wat aanleiding gee tot die bereiking van mylpale soos

soog, kopbeheer, rol, sit, kruip en loop.”

Volgens Rika het navorsing ‘n verband getoon tussen die verskeidenheid bewegings wat ‘n baba maak gedurende die eerste paar maande van sy lewe, en die vermoë om aan te pas en te leer later in sy lewe.

“Die doel van baba se eerste jaar is om te ontwikkel, om oplettend, sterk, onafhanklik en slim te raak en BabaGim help om dit te laat gebeur.”

*[email protected]; www.babygym.co.za

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.07/OZ UP +0.17% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 855.40/T UP 1.19% | Brent Crude Oil US$ 87.35/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 930.06/OZ DOWN -0.0066 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.07/OZ UP +0.17% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 855.40/T UP 1.19% | Brent Crude Oil US$ 87.35/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 930.06/OZ DOWN -0.0066