Klein Clinton verloor stryd
Personeel verbonde aan die staatshospitaal op Mariental het glo aan 'n ma gesê sy 'gebruik die petrol van die minister' om haar kind na Windhoek te vervoer.
Henriette Lamprecht
'n Seuntjie van die Suide wat albei sy voete tot by sy enkels in as verbrand het, is dood enkele ure voordat hy uiteindelik by 'n ortopediese chirurg sou uitkom.
Die driejarige Clinton Swartbooi van 'n plaas tussen Mariental en Gibeon, het in September vanjaar lelik verbrand toe hy in as getrap het. Clinton is in September en Oktober in onderskeidelik die staatshospitaal op Mariental en die Katutura-hospitaal opgeneem.
Sy ma, Anna-Lisa, het haar uiteindelik tot 'n private dokter op Mariental, dr. Francois Pretorius, gewend wat gereël het dat Clinton Maandag 'n ortopediese chirurg in Windhoek sou besoek. Me. Jomien Slabbert, wat ook aan die praktyk verbonde is, het op sosiale media “Voetspore vir Clinton” begin om broodnodige geld in te samel vir behandeling van die seuntjie wat nie lid van 'n mediese fonds was nie. Van die geld wat ingesamel is, sal nou gebruik word om Clinton se begrafniskoste se dek.
“Hy was onse radio. Hy het heeltyd gesels en gepraat, selfs ná hy gebrand het,” vertel Anna-Lisa hartseer.
Volgens haar het die ongeluk op 7 September op die plaas gebeur.
“Hy't gedink die as was 'n annerding, maar binnekant het dit rooi gebrand.”
Clinton is inderhaas na die staatshospitaal op Mariental gebring waar hy onmiddellik opgeneem is. Hier sou hy die hele September deurbring totdat personeel erken het hulle kan haar seuntjie nie help nie, sy moet met hom Katutura-hospitaal in Windhoek toe. Nóg 'n maand het klein Clinton hier deurgebring.
Van die personeel se kant was daar geen verduideliking oor wat die pad vorentoe sou inhou vir Clinton wie se tone en voete erg beskadig was en of hulle hom wel sou kon help nie, sê Anna-Lisa.
“Elke oggend het hulle net by sy bed kom staan en gesê sy bene moet afgesit word, al twee.”
Volgens Anna-Lisa het haar seuntjie baie pyn gehad en het hy in albei staatshospitale waar hy opgeneem is, net 'n koorsstroop gekry.
“Die eerste dag in die hospitaal op Mariental het hulle vir hom 'drugs' gegee vir die pyn, maar daarna nie weer nie. Dan was dit net koorsstroop.”Clinton se voetjies was wel aanvanklik verbind, maar later is die verbande verwyder. “Toe het hulle dit elke tweede dag toegemaak, eers dit skoongemaak en toe die 'dressing' gewissel. Hy het baie gehuil, net sommige dae het hulle vir hom 'drugs' gegee dat hy net kan slaap.”
Begin November het Anna-Lisa besluit om haar seuntjie terug te vat Suide toe.
“Ek het gesê 'ek vat maar my kind terug', want hulle doen niks.”
Op die plaas het sy haar tot Nama-medisyne gewend om haar seuntjie te probeer help. “Dit het die voetjies drooggemaak.”
Sy het haar toe tot dr. Pretorius se praktyk gewend wat dadelik ingespring het om vir Clinton die spesialisbehandeling te reël wat hy verdien het.
'n Afspraak is vir Maandagmiddag by 'n ortopediese chirurg in Windhoek gereël, met Clinton en Anna-Lisa wat met die staatshospitaal op Mariental se bussie Windhoek toe en terug sou reis. Enkele ure voor die afspraak het Clinton egter in sy ma se arms in die hospitaal gesterf.
Hy het geen pynmedikasie gekry in die tyd wat hulle vir die bussie gewag het nie, vertel Anna-Lisa. “Hulle het gesien my kind kry pyne. Hulle het gesê hy is mos nou 'n 'private' en private mense moet hulle se eie voertuie voorsien. Hulle het gesê ek gebruik die minister se petrol om my kind Windhoek toe te vat.” Sy is kwaad, sê Anna-Lisa. “Hulle was so traag en wou hom niks vir die pyn gee nie, want ons is mos nou privaat. My seuntjie is in my hande dood.”
Clinton was haar jongste en hy het “baie van gesels gehad” vertel sy. “Hy het heeltyd gepraat en stories vertel, op die plaas het almal hom 'onse radio' genoem. Selfs ná sy ongeluk het dit nie opgehou nie, hy't nog gepraat, hy was my jongste en was heeltyd by my.'
Anna-Lisa is werkloos en bly saam met haar 77-jarige ma op die plaas. Sy het nog 'n seun en drie dogters.
“Ek is net so baie hartseer oor my kind wat afgesterwe het. Ek het twee volle maande by die stadhospitaal gesukkel, maar net gehanna totdat ek my kind moet verloor. Nou gee hulle my skuld dat my kind afsterwe. Ek sal bo toe kyk, waar sal my hulp vandaan kom. Ons almal moet doodgaan, maar is baie bly dat my kind op sy einde is met sy pyn. Mag God nog krag en wysheid gee.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie