Klein begin, groot sosatie
Tanja Bause - Sowat 25 jaar gelede het me. Nora Horn sosaties by haar huis begin maak as ekstra inkomste.
Vandag word Ouma Nora se sosaties aanbeveel vir enige ordentlike braai.
Maar Ouma Nora was darem nie alleen verantwoordelik vir die sukses van haar besigheid nie.
Haar skoondogter, me. Charmain Horn, is drie jaar gelede met maagkanker gediagnoseer en weens die lang, intensiewe behandeling daarvoor, moes sy haar werk bedank.
“Ek het na ’n jaar se afwesigheid weer begin werk, maar kon dit nie volhou nie. Dit is toe dat ek die bemarking van die sosaties oorgeneem het en by die tuisbesigheid betrokke geraak het,” het Horn gesê.
Aanvanklik het Ouma Nora se klein besigheidjie nie ’n naam gehad nie.
Sy het twee groot kliënte en ’n paar privaat kliënte gehad aan wie sy sosaties verskaf het. Ouma Nora, Charmain en ’n span van vyf werkers het die sosaties elke dag vars gemaak.
“Ouma Nora het met die resep begin. Sy het dit oor en oor getoets en verfyn tot die resep wat ons vandag nog gebruik. Mens peuter nie met iets wat werk nie. Ons kook die sous waarin die sosaties ingelê is, self. Daar is geen preserveermiddels in nie, net die beste gehalte speserye,” het Horn gesê.
“Ouma Nora het altyd ’n blou lepel gebruik om die speserye mee af te meet. Ek gebruik dieselfde lepel vandag nog daarvoor.”
Ouma Nora het in Junie 2016 afgetree.
Hierna het Ouma Nora Meat Supplies na ’n groter spasie in die Noordelike Industriële gebied getrek. Die werkspan is vergroot tot 10 mense, en die verskeidenheid produkte én kliënte het meer geword. Vandag kan Ouma Nora se sosaties by nege diensstasies en by Pick n Pay-winkels gekoop word.
Binnekort sal Ouma Nora’s Braaisous en Ouma Nora's Kerriesous ook op Pick n Pay se rakke wees.
“Dit is dieselfde kerriesous wat ons vir al ons sosaties gebruik. Beide die souse word hier in ons fabriek gekook. En ons gebruik net die beste snitte vir ons sosaties. Ons sny al die senings uit en al die blokkies is ewe groot,” het Horn gesê.
Volgens Horn het Ouma Nora nie baie geld uit die besigheid gemaak nie en het sy dit gedoen omdat sy trots op haar produk was.
“Ouma Nora het nie ’n masjien gehad waarmee sy haar sosaties kon vakuum-verpak nie. Sy het die sosaties in ’n ry in ’n plastieksakkie gesit en die lug met ’n strootjie uitgesuig sodat dit netjies en mooi verpak lyk. Dít is hoe trots sy op haar produk was. Sy het vir 25 jaar van haar lewe geel kerrievingers gehad, maar sy het ’n uitstekende resep geformuleer en ’n produk begin waarop ons nou nog trots is. Dit is ook hoekom ons op die naam 'Ouma Nora' besluit het. Dit is om eer aan haar te betoon.”
Een keer ’n maand is Ouma Nora se sosaties by die Boeremark in Windhoek te koop. Daar is ook boerewors wat volgens haar oorspronklike resep gemaak word en kaaswors, skilpadjies en pofadders.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie