Klassieke musiek en Paaseiers

Tanja Bause
Tanja Bause



Vier lede van die ­Namibiese ­Nasionale Simfonie-orkes (NNSO) het die kinders van die Bernard Nordkamp-­sentrum in Katutura onlangs met die klank van hul ­strykinstrumente betower.

“Die kinders het nog nooit sulke instrumente gesien of gehoor nie, en het baie aandagtig en met groot oë vir ons konsert gesit en luister,” het me. Inka von der Wense gesê.

Voor Paasfees het die NNSO Paaseiers tydens twee konserte ingesamel.

Die Paaseiers was vir mense of kinders bedoel wat min of geen kontak met klassieke musiek het nie.

“Omdat dit skoolvakansie was, het ons die konsert en Paaseier-oorhandiging nou eers gedoen.”

Die laerskoolkinders en van hul ouers kon hoor hoe 'n viool, altviool en tjello klink.

Hulle het ook die geleentheid gekry om die instrumente vas te hou. Ná die konsert is twee groot bokse vol Paaseiers aan die sowat 150 kinders uitgedeel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!