Klassieke konserte bied jong talent
Namibië se nasionale simfonieorkes (NNSO) bied op 10 en 11 Augustus saam met studente van die Kollege van die Kunste (Cota) ‘n aand van goeie gehalte musiek aan.
Die konserte word deur Rand Merchant Bank (RMB), asook Schenker Logistics, Schoemans Group en Red Earth Safaris geborg.
Die NNSO wil jong musikante die geleentheid gee om saam met ‘n orkes op te tree en hul talent met die publiek te deel.
Namibië het heelwat talentvolle, jong musikante, en deelname aan konserte is deel van hul groei en vordering.
In dié twee konserte tree jong musikante soos Eike Coetzee (op viool), Nadine Baas (sang), Jana Strydom (op dwarsfluit), Kyana Diehl (op klavier), Christina Park (op klavier), Carissa Esslinger (op blokfluit), Lyvodia Ouses (sang), Trudy Gertze en Claudio Ngaca (sangduet) en Galilei Njembo (sang) op.
Hul rerpertoire sluit komponiste soos Mozart, Rachmaninoff, Bernstein, Schacer (?) en verskeie ander in.
In die tweede deel van die konsert speel die NNSO Beethoven se eerste simfonie onder leiding van Alexander Fokkens, ‘n bekende dirigent uit Kaapstad.
Beethoven roer die hartsnare van menige klassieke musiekliefhebber. Die NNSO probeer om die publiek musiek uit verskillende genres te bied en om sodoende die vreugde van musiek met almal te deel.
Die Concerto Festival vind beide dié dae om 19:00 in die Duitse Hoër Privaatskool (DHPS) se aula plaas.
Kaartjies is aanlyn by Webtickets beskikbaar en by elke Pick n Pay in Windhoek, sowel as by die deure.
Vir verdere inligting, skakel Carine Förtsch by 081 127 2723.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie